Dalene Brits
GLUTENVRYE RYSMEELBROOD
SA KOOKBOEK VIR ALLERGIE250 ml Rysmeel (140g)
175 ml Sojameel (85g)
125 ml Gesifte Mieliemeel (75g)
5 ml Sout
10 ml Suiker (Vervang met versoeter vir Diabete)
10 ml Bakpoeier
10 ml Olie
300 ml Water
Sif meel, sout, suiker en bakpoeier saam.
Roer die olie en water by die droë bestanddele om ’n sagte deeg te vorm. Voeg meer water by indien nodig.
Skep deeg in klein gesmeerde broodpan en maak gelyk.
Bak 30 – 40 min by 180°C tot goudbruin en gaar.
Die broodjie smaak die beste wanneer vars gebak en warm voorgesit.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/rysmeelbrood-glutenvry.html
No comments:
Post a Comment