Monday 11 March 2013

RAAD VIR MAAGSERE







RAAD VIR MAAGSEER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/raad-vir-maagsere.html


Telani Van Rensburg
Ouma Helena se raad. Kook n pakkie gort in n groot pot met 2 liter water. Tot lymerig. Gooi deur sif. Sit water in yskas en drink elke oggend n glas gortwater. Kan gemeng word met sap. Dit genees n bloeiende maagseer.

Renee Bornman
eet 6 klein maaltye per dag, as jy brood wil eet moet dit nie vars wees nie, maar dagoud. Vermy enige growwe kosse, en vrugte soos aarbeie, aangesien dit die maagwand irriteer. Ek het in 2008 2 groot bloeiende maagsere gehad en die dieetkundige het dit só verduidelik: 
sien dit as 'n seer in die binnekant van jou hand, terwyl die hand toe is is dit nie so erg nie, maar wanneer jy die hand oopmaak is dit geweldig seer, en die roof breek en bloei weer. So, daarom klein maaltye, sodat die maag nie oorlaai word nie. Ek het altyd Marie beskuitjies in my handsak gehou, en tussenin geéet sodat die maag nie soveel suur afskei nie. GEEN gaskoeldranke nie. Drink rooibostee met heuning. Geen vette nie! Ek het chroniese skeurbuik oorgehou van die storie, So ek is nog steeds versigtig wat ek eet.
O ja, net nog iets, Pepperment tee, met heuning, is uitstekend. En by Woolies is dit die heel goedkoopste

Sonja Zino 
 die papaya skil bevat ook ensieme wat wonders doen vir die maag....ook nie lekker om te eet nie, maar die moeite werd. Sterkte!

Corrie Van Rooyen 
Hier is nogal baie idees - maar ek glo van harte dat jy jouself 'n guns sal doen as jy elke dag begin met 'n stukkie papaja as brekfis, en weer saans afsluit met nog 'n stukkie as laaste eetdingetjie.
Daar is ook 'n middel, paw-mag, van papajapitte gemaak. Ek self het destyds sommer papajapitte ge-eet (nie lekker nie, maar ek het dit nie eers gekou nie) en binne minder as 'n week was my saak reg.

Dries Von Weidtz 
 Blykbaar help dit om elke oggend n mespunt SumBuk salf te eet 

Eileen Hattingh 
Ek het ook een gehad- ekt n blikkie kondensmelk en n botteltjie Turlington druppels van Lennons gemeng.... Eet 4 eetlepels n dag daarvan n week en jou maagseer is iets van die verlede, dit het ook om die bloeding te stop!!!!!!!!! N ou tannie het my die reseppie gegee en dit werk soos n bom!!

Jolindie van Biljon  
Pasop vir koffie en tee, olierige, ge'spice'de kosse en stysels. Ek gebruik Bevispas en probeer om so nutraal as moontlik te eet. Steak, vis en hoender is goeie opsies en gestoomde groente/groentesop.

.Jocelyn Fordred
Skakel verwerkte voedsel, meel, pasta, stysel uit, ek kan tot op vandag toe nie eens 'n eier meer eet nie, no more quiches, kaas, volroom melk en produkte, spesery, wyn, veral wit. Okay nou wat eet mens rerig, Hoender sonder vel, vis (sommer baie), Groente, slaai sonder winkel dressings, maak jou eie dis gesond, Vleis met meeste van die vet verwyder. Spices soos chicken spice daar is vrek baie MSG in. Hou by dinge Natuurlik moontlik, jy sal verbaas wees hoe gou jy gaan aanpas.

1 comment:

  1. My man het n bloeiende maagseer,boonop net een nier en hartaanval paar jaar gelede gehad. So kortliks probeer ek se dat wat goed is vir een kwaal n ander deel affekteer in sy geval. Die kondensmelk storie het ek oral gelees ,maar verstaan nie hoe dit kan werk as dokter se geen soetgoed nie?

    ReplyDelete