Monday 11 March 2013

WILDE-HOENDER GEREGTE



WILDEHOENDER MET OLYWE:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wilde-hoender-geregte.html

[OUBAAS]
'n Werfhoender van 1kg
sout
varsgemaalde swartpeper
50g swoerdlose spek, in fyn blokkies
'n goeie gryp tiemie
70g korslose witbrood
1 eier
4 grasuie (bol en stingels)
6 ontpitte swart olywe
2 toontjies knoffel
'n Verdere 4 heel repe swoerdlose spek
300 ml beesvleisaftreksel
4 hoenderlewers
25ml botter
'n knypie naeltjies
1 suurlemoen se fyn, geel skil
125ml room
brandewyn

Was die hoender goed, droog af en sout en peper binne en buite. Maak die lewers fyn, meng met die botter, naeltjies en suurlemoenskil. Druk die mengsel so ver jy kan tussen die hoender se vel en vleis in. Om die vulsel te maak, week die brood in louwarm water, druk droog en meng goed met die blokkies spek en die eier. Kap die grasuie fyn en voeg hulle by, tesame met die olywe (gehalveer) en die knoffel. Voorverhit die oond tot 200C. Stop nou die hoender met die vulsel en bind hom mooi vas met kombuistou nadat jy die repies spek om die bors, rug en dye gedraai het. Plaas die hoender, bors na onder, in 'n roosterpan in die middel van die oond.
Benat na 15 minute met 'n bietjie van die aftreksel. Draai na nog 15 minute om en bak nog 45 minute. Bedrup gereeld met die pansous. Verwyder die tou en skep die hoender in 'n warm opskepbak, omring met die repe spek. Hou warm. Skep die vet van die pansous af, bring tot kook en haal van die hitte af. Roer die room daardeur en 'n goeie sopie of twee brandewyn.
Baba-aartappels, soetworteltjies en broccoli rond die gereg af.*Berie*11/3/13

No comments:

Post a Comment