Monday 11 March 2013

TARENTAAL GEREGTE






TARENTAAL ITALIANO:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/tarentaal-geregte.html

 
[OUBAAS]
2 groot tarentale, in porsies gesny
30ml rooiwynasyn
gegeurde seesout
koekmeel
60ml olyfolie
3 selderystingels, gesny
3 knoffelhuisies, gesny
30ml tamatiepesto of -pasta
250ml geskilde, gekapte vars tamaties
250ml rooi wyn
sout en peper
250ml hoenderaftreksel
125ml ontpitte groen olywe
125ml pitlose rosyne
30ml gekapte vars pietersielie

Vryf die vleis met die wynasyn in, bedek en laat staan 'n paar uur by kamertemperatuur. Dreineer en besprinkel liggies met seesout en meel. Verhit die olyfolie in 'n swaarboomkastrol en verbruin die vleis vinnig. Skep met 'n gaatjieslepel uit en hou eenkant. Voeg die seldery, knoffel, tamatiepesto, tamtaties, rooi wyn, geurmiddels en 250ml hoenderaftreksel by. Kook vinnig tot dit indamp. Voeg vleis by. Verlaag die hitte, bedek met botterpapier en plaas 'n deksel op die kastrol. Prut 1h -2h uur lank stadig of tot die vleis sag is. Voeg res van die bestanddele by en kook nog 10 minute sonder deksel. Sit voor. *Berie smith *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Erna Aucamp
TARENTAALPOT.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/tarentaal-geregte.html
2 Tarentale, gesny in porsies

1 Pak (250g) ontbytspek
10 aartappeltjies
1 hand vol klein droêappelkosies
3 naeltjies
‘n halwe koppie appelkooskonfyt
1 hand vol gemengde neute, gekap
2 hoenderaftrekselblokkies
Knypie peper
1 hand vol sultanas
Sout na smaak.

As ‘n hoender se boude begin optrek,dan weet ek hy is gaar. Maar ‘n tarentaal se boude kan kaal tot teenaan sy ken optrek, dan is hy steeds kunstande se moses. Daarom is die wagwoord vir tarentaal se kind “geduld”. Twee jong tarentale, as jy hulle in die hande kan kry, is uiteraard veel beter as twee oues.

Braai die tarentaalporsies saam met die gesnipperde spek totdat dit bruin is. Voeg nou die aartappeltjies by, asook die appelkosies. Prut vir sowat 1 uur. Meng die ander bestanddele in 'n bottel en giet bo-oor. ( Krummel die hoenderaftrekselblokkies voordat dit met die ander bestanddele gemeng word.) Prut vir nog ‘n halfuur. Moet in hemelsnaam nie die spul roer voordat die vleis gaar is nie.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Tarentaal gestop met spek.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/tarentaal-geregte.html
2 Tarentale, skoongemaak

½ kg ontbytspek
10 aartappels, geskil
6 uie, gesnipper
1 blik (410g) perskehelftes
½ k appelkooskonfyt
3 knoffelhuisies, gekerf
2 t peperkorrels
2 t vars gemmer, gekerf
Sout na smaak
Stop die borsvleis en boude met spek. Kook die tarentaal vir 2 uur. Voeg die aartappels en uie by en kook nog ‘n halfuur. Voeg nou die res van die bestanddele by en laat prut vir 10 minute.

DIE WAGWOORD VIR TARENTAAL SE KIND “GEDULD”.

Bron: MATIE BRINK SE POTJIEKOS:*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment