Tuesday 12 March 2013

SOET-BOEREKERRIE / CURRY



Berie Vd Velden Smith
SOET BOEREKERRIE:
[MY EIE RESEP – OUMA BEER]
Genoeg vir 4 – 6 persone
2 kg lamstowevleis/blokkies, nek, skenkels of tjops. [of gemeng]
Uitgebraaide skaapvet of margarien/olyfolie [ die skaapvet gee net ‘’n absolute ander smaak aan die gereg]
2 uie . gesny in agstes
5 knoffelhuisies fyngekap
1 e masala
2 e Raja kerriepoeier
1 e borrie
1 e fyn koljander
1 t fyn komyn
½ t paprika
¼.t. rissiepoeier [jy kan minder gebruik]
1 e fyn kaneel
Worcestersous so goeie klomp skeute [30 ml]
30ml bruinasyn
3 e hoogvol Ina Paarman se hoenderaftrekselpoeier
3 vars lourierblare
Aromat en suurlemoenpeper na smaak
5 E appelkooskonfyt
5- 7 wortels in ringe gesny [nie te dun nie, maar growwerig gekap]
5 groot aartappels in kwarte gesny
1 kop Pearl Barley [gort]
45ml chutney
30ml tamatiesous
Kookwater
SO MAAK JY :
Braai die lamsvleis in die kookolie tot bruin en skep dit uit.
Braai dan die uie, knoffel tot deursnynend.
Voeg die masala, kerrie, borrie, koljander,komyn, aromat en peper, fyn kaneel,paprika, rissiepoeier by en roerbraai deur.
Voeg nou die vleis by en roer deur.
Voeg dan die lourierblare, worcestersous, asyn hoenderaftreksel, appelkooskonfyt en 500ml kookwater by.
Roer goed deur en kook tot vleis net sag is. [ongeveer 20 – 30 minute of selfs langer as vleis nie van goeie gehalte is nie.
Voeg dan jou wortels, aartappels en pearl barley by en roer weer deur.
Gooi nog water by in dien nodig. [nie te veel nie, want jy wil ‘n droërige kerrie hê.]
Sit weer deksel op en laat stadig prut totdat die groente gaar is, maar nie pap nie.
Voeg nou die chutney en tamatiesous by, roer deur en laat dit goed warm word voor bediening.
Geniet !
WENK :
Hierdie kan in swartpot gemaak word of by die huis op jou stoofplaat.
Omdat dit nie ‘n vreeslike sous het nie, maak seker dat jy maar gereeld roer om aanbrand te vermy.
Kan beslis ook in jou prutpot gemaak word.
NS: Dit was ons ete van gisteraand, want dit is nogals koelerig deesdae hier by ons. Het baie lekker afgegaan, dankie!12/3/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/soet-boerekerrie-curry.html



Magdaleen Matthee
SKAAPSKENKEL KERRIE
Nog n wener is braai uie in bietjie olie asyn en suiker:-)
gooi skaapskenkels en braai bietjie vat dan
 2 eetlepel chutney of apelkooskonfyt,
1t lepel kerie hang af hoe sterk,vat dan
1t lepel borie bietjie gemmer net n punt van t lepel 3 lourier blare en braai by gooi dan koppie water wortelblokies en aartapel blokies by,kook tot wortels en aartapels gaar is:-)vat mushroomsop en meng met bietjie water en gooi by en kook tot sousie dikker word:-)dits regtig n heerlike soet kerie resepie altyd n wenner *6/4/13 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/soet-boerekerrie-curry.html

No comments:

Post a Comment