Tuesday 12 March 2013

WENKE OM AARTAPPELSKYFIES TE VRIES/CHIPS



WENKE OM AARTAPPELSKYFIES TE VRIES.

Gerrie Van Antwerpen
 Chip White werk baie goed - dit is wat gebruik word op alle verpakte aartappelskyfies soos I&J (McCains) en ander "brands" Wanneer dit by arbeidskoste en verwerkinstyd kom is dit goedkoper om die klaarverpakte 20kg pakke gevrieste aartappelskyfies te koop. Werk baie goedkoper uit. Anders weer 50kg is sowat 5 sakke aartappels, leen 'n skyfiesnyer (dit sny sowat 'n sak aartappels binne 5 minute, dis is die afskil wat bietjie tyd neem) en jy maak vars aartappels op die dag van gaarmaak - jy moet dit steeds pre-cook vir 'n paar minute op hoë hitte (maak seker die skyfies is nie nat nie) en dan op 'n effens laer hitte gaarmaak vir sowat 5 - 8 minute (afhangende van die tipe aartappel). Daar is mense wat nie van die Chip White hou nie omdat hulle beweer dit laat die aartappel melerig proe. Ek het al drie take-aways gehad en by 'n meester skyfiemaker te Jeffreysbaai geleer (1969) om die perfekte chippie te maak, maar daardie is nou 'n heel ander proses en verg bietjie meer arbeid. Deur die aartappel te pre-cook keer jy dat die olie nie binne die aartappel vasgevang word nie.

Driekie van Blerk
 Ek braai my chips net so klein rukkie - ongeveer 5 minute, gooi hulle oop op 'n skinkbord en laat hulle so gou moontlik afkoel - sit sommer die skinkbord in die vrieskas, gooi dan is sakkies en vries hulle.

Shereen Strick Laubscher
Elza, skil en sny die aartappels reg vir skyfies. Sit in kastrol met water, sit dan die kastrol op stoof sodra die water kook (ek los myne nog so 3 min) verwyder en dreineer. Sit dit op bakplaat of skinkbord en laat net effens afkoel sit dan so oop in vrieskas. Die skyfies sal "ys kristalletjies" op die chips maak dan is dit reg. Sit dit in zip lock sakkies tot dit gebruik word. Braai net so in olie sonder om te ontdooi. Heerlike "crispy chips" (Gesien op die eerste master chef Australie)

No comments:

Post a Comment