Friday, 22 March 2013

SOETRISSIE / PEPERS




SOETRISSIE HAPPIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/soetrissie-happie.html

1-2 Groen Soetrissie in kwarte gesny [jy kan helfte rooi ook gebruik]
Maalvleis +-2k vol
1 Knoffelhuisie fyngekap
1/2t gerasperde vars gemmer
2e gekapte groen ui [of wit]
Paar druppels Sesame olie
1t Soya sous [of sout na smaak]
Vars gemaalde swartpeper
1t Mielieblom

 
DEEGIE:
3 e Bruismeel
+- 1/4k Water
DIP SOUSIE:
Soya gemeng met enige Chillie-sousie in
Meng jou maalvleis met jou ander bestandele
Vul elke holte van jou soetrissie skywe lekker skryf
Maak jou deeg [amper soos n pannekoek deegie nie te styf ook nie te loperig nie]
Verwarm olie in jou pan en dip elke skyf nou in die deeg en plaas dit met die vleiskant in die olie
Braai vir om en by 7min. en draai versigtig om en braai jou anderkant en sykante [sorg net dat jou vleisie gaar is
Skep uit op handoekpapier en maak jou dipsousie.
Sny middeldeur en bedien as n lekker Happie.
N.S..ek sal volgende keer n stukkie chilli en stukkie seldery ook inkap saam met my maalvleis.**.Helena Kruger— at Die Grasdak Bultfontein


 






Adéle Van Zyl Filmalte

SOETRISSIE MET VARKVLEIS VULSEL
.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/soetrissie-happie.html

6 groot soetrissies
1 e kookolie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
500g varkvleis, gemaal
1 k gaar rys
2 e blatjang
1t sout
¼ t swartpeper
1 eier, geklits
Metode:
1. Stel die oond op .180'C
2. Was die soetrissies deeglik.
3. Sny die stingelpunte af en verwyder die pitgedeeltes.
4. Verhit die olie in 'n pan en soteer die ui en knoffel daarin tot deurskynend
5. Meng die gemaalde vleis met die ui, knoffel, rys, blatlang, sout en peper.
6. Voeg die geklitste eier by en meng liggies,
7. Vul die soetrissies met die vleismengsel.
B. Plaas die soetrissies in 'n gesmeerde oondskottel.
9. Bak in die voorafverhitte oond totdat die rissies sag is.
10. Bedien met tamatiesous.
(Resep kom uit Platsakgeregte Marilie Buys).

Gevulde groen soetrissies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/soetrissie-happie.html

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS April/Mei 2011
Die meeste van ons gebruik deesdae óf die rooi óf geel soetrissies. Ek het besluit om die groen soetrissie vir die gereg te gebruik, want dit het 'n smaak van sy eie. Jy kan dit natuurlik vervang met die rooi of geel soetrissie.
(5 porsies)
5 groen soetrissies
250 ml koeskoes
250 ml kookwater
15 ml olyfolie
200 g Italiaanse swart olywe
1 knoffelhuisie, fyngekap
hand vol vars basiliekruid, grofgebreek
6 sprietuie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 60 ml olyfolie
Verhit oond tot 180 °C. Halveer soetrissies en verwyder die pitte. Gooi koeskoes in kastrol en gooi kookwater en olyfolie in. Roer met vurk en sit deksel op. Laat staan tot koeskoes geswel en sag is. Geur met sout en peper. Ontpit olywe en sny in growwe stukke. Voeg olywe, knoffel, basiliekruid en sprietuie by koeskoes. Geur met sout en peper. Plaas soetrissies in oondbak en skep koeskoes in. Gooi die 60 ml olyfolie oor die soetrissies. Gooi kookwater in oondbak tot so 2 cm diep. Die soetrissies word in die water gebak. Plaas in warm oond vir sowat 30 - 35 minute tot soetrissies sag is. Laat effens afkoel voor jy dit uithaal. Jy kan net voor etenstyd nog 'n bietjie olyfolie oorgooi..

Maalvleis & spek gevulde soetrissie met kersietamaties

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/soetrissie-happie.html
deur Roelien Parkin - Pasella
Plaas 2 uitgeholde groot soetrissies (sprinkel met olyf olie, Sout & peper) in die oond op 180 en bak vir 15-20 minute.
Terwyl dit bak maak die vulsel:
Braai 1 gekapte rooi ui saam met 250g Maalvleis, 1 Pak spek opgesny, Knoffel en soetrissie.
Voeg dan 'n paar songedroogde tamaties, 1 tamatie, 5ml suiker, 10ml donker soya, 10ml bruin uie soppoeier by. As die sous dikker is, haal van die hitte af.
Haal die soetrissie uit die oond en vul met die maalvleis mengsel. Bak vir 15-20 minute teen 180 tot die rissie sag is na smaak. Sit so bietjie cheddar kaar bo oor en bak nog so 2-3 minute tot die smelt.
Maak 'n sous met kersietamaties. Braai tamaties saam met balsamiese asyn, suiker, sout, paprika & swart peper.
Bedien op bruin rys met gesnipperde groenui.

No comments:

Post a Comment