Saturday 2 March 2013

VRIESKAS-GEREGTE




 
IDEES OM VRIESKAS GEREGTE TE MAAK

Wanneer tamaties goedkoop is braai ek uie en soetrissie en maak tamatiesmoor wat ek in die foil bakkies vries , ek voeg vars peppadews og brandrissies ook by.Vanoggend tien bakkies gevries , dis ook lekker om chilli con carne te maak

Hantie Van Staden Potgieter 
Ja gaar lasagne vries baie lekker en net so lekker as opgewarm word

Tanya Godwich 
Ek het Moussaka goed gevries. Dit was gaar voor ek dit gevries het. Koek wat klaar buttercream icing op het vries ook goed( ek sny dit in stukke voor ek dit vries, dan hoef mens net een of 2 stukke te ontdooi nie 'n hele koek nie.) Cupcakes werk ook. worsrolletjies vries lekker, met eier bo-oor gesmeer, maar nie gaar nie. Enige gaar vleis pastytjie. O, chicken cacciatore het ook goed gewerk, maar as dit te lank in die vrieskas is word dit bietjie waterig.

Louise Groenewald 
 Ek het klaargaar kos verkoop wat mense gevries het en het die foil bakkies gebruik met die karton dekseltjies, werk baie goed. Ek het dit nog in 'n plastieksakkie gesit ook voor dit gevries is (ou paranoid ekke). Frans Odendaal gee baie goeie riglyne hier bo. Pasteie vries ook baie goed, bak as dit ontvries is vir beste resultate met puff pastry.




BOBOTIE

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
500 gram maalvleis
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
¼ pakkie fyn spek
1 ui gekap
Handvol rosyne
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 piesang
1 appel in blokkies gesny
½ pakkie sampioensop - droog
1 koekie vleisaftreksel
2 eiers
1 koppie melk
Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk brood in vleismengsel, gooi die res van die bestandele by. Roer tot rooi van vleis weg is. Skep in gesmeerde bak. Meng eiers met melk en gooi bo-oor. Bak ± 30 minute tot bruin.
Om te vries:
Bak volgens die resep voor jy dit gaan vries. Laat net afkoel en bedek met plastiek of n deksel en merk en vries dan. Wanneer jy dit wil gebruik , ontvries en herverhit in jou oond by 120*C vir so 30MIN.of in jou Mikrogolf oond tot deurwarm.!!Helena 6/1/11 ♥



Ghoelasj

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
3e koekmeel
2t sout
1t paprika
1kg beesvleis in blokkies gesny
3e olie
2-3 uie geskil en gekap
1 beesvleis blokkie opgelos in 1k kookwater
65g blikkie tamatiepasta
3e bruinsuiker
1knoffelhuisie fyngedruk
1-2 lourieblare
2 heel naeltjies
250ml of 300ml Rooiwyn
1k water of meer as nodig
5 wortels gesny
Meng meel, sout, paprika in mengbak en bek jou vleis daarmee
Verhit die olie en braai bietjies vir bietjie jou blokkies vleis daarin tot mooi bruin.
Voeg jou uie by en braai tot sag.
Voeg alles by en nou kan jy nog water byvoeg om te verhoed dat dit droog kook.
Skep alles in n oondpan en bak in jou oond vir so 1- 2h tot jou vleis sag is.
Oond by so 160*C
Nou kan jy room in roer of 100ml jogurt en gekapte pietersielie oorstrooi.
Om te Vries:
Maak gaar, laat afkoel, bedek en merk
Wanneer jy dit wil gebruik, ontvries en herverhit dit in die oond of jou mikrogolf oond
Helena 6/1/11♥


SPAANSE HOENDER PAELLA

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
1 hoender gekook en ontbeen
4 groot tamaties in blokkies gesny
1 pak sampioenroomsop
250g skulpie noedels
2 Groot uie gekerf
250g spek opgesny
500ml hoenderaftreksel
10ml borrie
1 blik ertjies
Braai gekerfde ui, voeg dan gesnye spek en tamaties by en laat stowe/ Voeg hoender by. Meng hoenderaftreksel met sop en geur met borrie. Voeg by vleismengsel. Kook noedels sag in sout water en voeg saam met ertjies by vleis. Laat prut vir 10min. Bedien met groenslaai. Hierdie gereg vries fantasties.
VARIASIE: Gebruik rys in die plek van die pasta




Lekker Kaas en Peppedew Happie

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
Kors:
1k Meel
3t Bakpoeier
1ml Sout
50ml olie
2 eiers geklits
150ml melk
Sif droe best. Meng olie eier en melk met droe best
Smeer op jou bakplaat en plaas skywe tamatie of wat jy wil opsit bo-op. maak jou topping] en gooi oor
Bak op 220*C vir so 15min tot mooi bruin en gestol
Topping:
2eiers
125ml melk
2k gerasperde kaas
250g gebraaide spekvleis[as jy wil]
Meng alles en gooi oor. Baie lekker en kan gevries word vir 3md. Helena Kruger 9/1/12




Summer sausage rolls

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
2 large skinless chicken breast
1 garlic clove, crushed
2 rashers bacon, thinly sliced
handful of basil leaves, chopped
4 sun dried tomatoes chopped
375g pack ready-roll puff pastry
flour for dusting
1 egg yolk beaten
25g sesame seeds (optional)
Whizz the chicke and garlic in a processor until minced. Tip in the bacon and sun dried tomatoes and basil. Pulse for 5 secs to mix. Season well.
Roll the pastry onto a floured surface and cut in half lengthways. Spread half of the chicken along the middle of one of the pastry strips. Cut into desire size.
Heat oven to 180C, place rolls onto a large baking tray,Unrush with egg and sprinkle with sesame seeds. Bake 20 minutes or until golden brown.
*Uncooked rolls can be frozen for up to 1months.*

Riana Groenewald


Korslose Hoender Pastei

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
Bestanddele
1 Hoender
2 Eiers
'n Kwart k Mayonaise
1 k Gekoote rys
2 Pakkies Simba chips
1 Steel Selery
1 blikke room sampioene sop
1 Pakkie sampioen sop
1 Ui
1 k Ertjies
Hoender aftreksel
Melk en water
Gerasperde Kaas
Metode
Kook hoender en sny in fyn blokkies.
Kook eiers hard en sny fyn.
Druk Simba chips fyn.
Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water.
Kap ui fyn en en braai in botter.
Meng alles behalwe aftreksel saam.
Plaas in oondbak.
Indien te droog voeg hoenderaftreksel by.
Strooi gerasperde kaas oor.
Baak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.
Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word.
Ontdooi en bak dan soos bo beskryf.
Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterigge pasteie of 3 kleinerigge pasteie.*

(Lorna Whyte)*Liplekker resepte

Wonder nou as Polenta gevries kan word of mieliepap nie ook gevries kan word nie. Mare Nieuwoudt.?

HOW TO FREEZE POLENTA

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
By Irena Eaves*
Polenta is good for up to three months in the freezer.
Polenta is a dish made of boiled cornmeal and flavored with herbs, spices, cheese and butter. Freshly cooked, it is a gruel resembling cream of wheat or grits. Once the polenta has set, it is cut into slices and grilled or pan-fried. The next time you make polenta, double the recipe and freeze half for a later time. Polenta freezes wonderfully and the flavor can actually improve with time. Frozen polenta is ideal for a quick lunch or dinner. Does this Spark an idea?
Things You'll Need
Polenta
Parchment paper
Baking dish
Instructions
Prepare polenta as you would normally. Pour the polenta into a baking dish lined with parchment paper and place in the refrigerator to cool. Smooth the polenta out with a wet spatula so that it is the same thickness throughout.
Remove the polenta from the refrigerator once it has set. Flip the baking dish over and drop polenta out onto a cutting board.
Cut the polenta into squares or triangles. Cutting the polenta into pieces allows it thaw quickly, while enabling you to grab just a few pieces as you need them.
Wrap each piece of polenta individually in aluminum foil. Place the foil-wrapped pieces in a freezer-safe, zip-top plastic bag. Write today's date on the bag with permanent marker.
Place the bag of polenta pieces in the freezer. Frozen polenta will remain fresh for up to three months.
Allow polenta to thaw completely before grilling or frying.*27/6/12*Maré Nieuwoudt


KORSLOSE TUNATERT

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
het by my skoonma Rienie gekry.
Meng net al die bestandele en bak by 180 vir so 1/2 uur.
1Blikkie tuna,
1 1/2 K water,
1 1/2 K melk,
1pakkie sampieonsoppoeier,
1 groot pak kaas en uie chips,
1 fyngekapte ui,
1E asyn en 2 eiers.
Hy vries lekker!!!

Liana Barnard Claassen


Pastorie souttert

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
uit eenskotteltreffers-Christelle Erasmus.
1Gekapte ui,
1blikkie buli beef,
1blikkie viennas,
500ml gerasperde kaas,
2 snye dik wit brood,
250ml warm melk ,
2 eiers,
sout en peper.
Week brood in melk en meng dan alles saam. Bak 180 grade vir 45minute. Kan ook blikkie roomsampioene insit, maar ek los dit maar uit as ek die tert vries.*

Liana Barnard Claassen


Grootmaat Frikkadelle

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
1 kg maalvleis,
1 gr ui gekap,
1 k hawermout,
1 blik(410g) spagetti in tamatiesous,
2 pk verskillende soppoeiers (bv. groentesop en bruinuiesop),
1 dik sny witbrood in water geweek en droog gedruk,
15ml kerriepoeier, sout en varsgemaalde peper.
Verhit oond tot 180°C en spuit oondpan. Meng al die bestanddele en vorm frikkadelle.
Rangskik in oondpan en bak bedek ± 40 min en maak oop en bak nog tot bruin bo-op.
NB: Dit kan ook ongebak in houers gepak en gevries word tot nodig.
Haal vooraf uit, ontdooi en bak tot gaar.
± 30 frikkadelle NS: soppoeiers kan verander word om dan smaak te verander.*

Annerise Augustyn


FRANFORTERKASSEROL

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/vrieskas-geregte.html
(KOOK EN GENIET)
15 ml margarien (1e)
125 ml (halwe koppie) gekerfde seldery
1 groot ui
1 blikkie tamatieroomsop (of 1 pakkie aangemaak)
5 ml (1t) Worcestersous
5 ml (1t) aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
500g frankforters
250g gaar spagetti of noedels
gerasperde kaas
1. Voorverhit oond tot 180 C (350 F)
Smelt margarine in n pan en braai die seldery en gekapte ui tot ligbruin.
2. Voeg sop, worcestersous, mosterd, sout en peper by. Laat deurkook en
meng goed.
3. Sny worsies skuinsweg in 2,5 cm stukkies en voeg by.
4. Skep gaar spagetti in n gesmeerde kasserol en giet sous bo-oor.
5. Rasper kaas bo-oor en bak 15 tot 20 minute lank.
Hierdie is n blits resep en ek vries hom net voor hy gebak word.*
Sheila Kotze

No comments:

Post a Comment