Friday, 1 March 2013

WRAPS / TORTILLAS



BOTTER HOENDERPAKKIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
80 ml (⅓ k) gewone jogurt
30 ml (2 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) gekapte knoffel
15 ml (1 e) gekapte gemmer
5 ml (1 t) fyn komyn
15 ml (1 e) fyn koljander
2,5 ml (½ t) paprika
sout en peper
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
25 g botter
2 rooi brandrissies, gekap
1 blik (410 g) tomatiepuree
kospakkies (wraps) en vars koljander vir voorsit
1 Voorverhit die oondrooster op hoog. Meng die jogurt, suurlemoensap, knoffel, gemmer, komyn, fyn koljander, paprika, sout en peper in ’n bak. Voeg die hoenderblokkies by en roer om te bedek.
2 Rooster die hoender 10 minute.
3 Smelt die botter in ’n pot oor matige hitte, voeg die brandrissies en geroosterde hoender by en kook 5 minute. Voeg die tamatiepuree by en laat prut nog 5 minute.
4 Sit die hoender saam met kospakkies (wraps) en vars koljander voor.* - Hope Malau*Huisgenoot 1/3/13
 
 


Wraps

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
Hierdie "wrap" resep gebruik yeast.

750ml Koekmeelblom
100ml bruismeel
5ml sout
45ml sonneblom olie of sagte botter
250ml koue water
100ml elk botter en koekmeel
50ml gesmelte botter gemeng met 50ml sonneblom olie.
Meng meelblom, bruismeel en sout in bak. Voeg olie en botter by en vryf dit in die meel in om 'n krummelrige mengsel te vorm. Voeg water by en vorm sagte deeg. Knie en voeg nog meel by totdat dit 'n egalige, werkbare tekstuur vorm. Laat staan 30min en bedek met doek of plastiek. Verdeel deeg in 7-8 stukke. Rol elkeen uit in ronde stuk, so 20cm op 'n oppervlak met meel bestrooi. Stip met 15ml en botter en strooi meel oor. Rol en rek tot dik stringe deeg..**Audrey Appollis*

Die volgende is baie belangrik...

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
(1)Rol albei punte van deeg op, eenkant kloksgewys (2), die ander kant teen die klok in, envou een helfte plat bo-op die ander (3). Roti's kan in die stadium bevries word met plastiek tussen in.

Laat 1uur staan met doek of plastiek oor.
Rol in ronde stukke, 20cm op meel bestrooide oppervlak. Verhit 20ml botter en olie mengsel in 'n swaarboombraaipan en braai roti's een vir een. Draai af en toe om en bestryk met mengsel. Braai tot goudbruin en effens gespikkel. Haal uit die pan en tik liggies tussen handpalms om oppervlak op te pof..


 





GUACAMOLE


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
1 groot ryp advokadopeer

1 huisie knoffel, fyngedruk
1 rooi rissie
sout en peper
1t suurlemoensap
Metode:
Sny chillies oop,, verwyder pitte en sny fyn.
Druk advokadopeer fyn en meng met suurlemoensap
Voeg rissies by en geur met sout en peper
HELENA 12/9/10.


 




MEXIKAANSE GUACAMOLE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
1 groot, ryp avokado, fyngedruk

15 ml vars suurlemoensap
15 ml fyngekapte ui
1 rooiryp tamatie, skil en pitte
verwyder en in blokkies gesny
1 - 2 groen brandrissies, ontpit en gekap
30 ml vars koljanderblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode:
Meng al die bestanddele saam.
Moenie te lank vooraf berei nie,
want die avokado gaan verkleur. [200ml]
25/9/10 Helena.



 




WRAP:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
3k meel

1 eetl olie
1t sout
1 1/2 kp kookwater
Metode:
Jy voeg dit als bymekaar(versigtig is bietjie warm)
Bewerk en knie
tot lekker stywe, uitrolbare deeg.
Rol gholfbalgrote balle, poeier met meel en rol
elkeen so 1 tot 2 mm dik uit.
Bak dit in 'n warm (nie rooiwarm), l.w. vetvrye pan
net tot dit begin blase maak. Kyk dat nie brand ...nie. Draai
om en bak ander kant. Kosmater!! Elida ek hoop dit help jou!!
Helena.

TORTILLAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
750 ml Meelblom (koringmeel)

1 t Sout
90 ml Olie
250 ml Warm water
Metode:
Meng die meel, sout en olie in 'n groot bak, meng tot 'n krummelrige deeg (soos koek). Voeg water by totdat jy 'n bal vorm.
Neem die deeg uit die bak en knie vyf minute op 'n gladde, meelbestrooide oppervlak totdat dit sag en elasties. Bedek met kleefplastiek laat vir 2 ure.
Nadat die deeg gerus het, verdeel in 12 gelyke dele en elke individu in jou palm van jou hand 'n bal vorm. Op 'n meelbestrooide oppervlak rol elke bal ongeveer 21 cm.uit Plaas die Tortillas in lae met kleefplastiek tussen in[of bakpapier] Of pak uit op jou werksoppervlak en bedek met plastiek.
Maak jou pan lekker warm en plaas een van die tortillas in die pan en braai 30 sekondes tot goudbruin draaiom en braai die ander kant Die tortillas kan warm of koud wees. Om warm te maak, gebruik jou mikrogolf vir n paar sek
Helena 1/11/10 .


 





MIELIEMEEL TORTILLAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
11/2k Koekmeel

1k Mieliemeel
1/4t sout
1k warm water
Metode:
Meng koekmeel en mieliemeel en sout. Maak n holte in die middel van die deeg en voeg jou water geleidelik by. Knie vir 10min tot n lekker deeg. Verdeel jou deeg in ses bolletjies en rol dit uit.Maak dit met n klam lappie toe en braai dit in n warm pan so 1min aan n kant. Uit 4x4 Safari Kookboek...Baie lekker en vinnig!!♥Helena Kruger.


                                                                           IDEES
 



MIELIEMEEL TORTILLAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
Helena Kruger

250ml Mieliemeel
125ml Koekmeel
Knippie sout
375ml Melk
10ml Olie
1 Eier
Metode:
Klits melk olie en eier saam. Voeg al die droee best. by en meng goeg.Bak soos Pannekoek. Handgeskrewe resep uit my" Moeder se Kookboek" !!!n.s neem aan ek het met dit groot geword!!!
Helena♥ .


HOENDER-EN-MAYONNAISE-TORTILLAS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
Deur Bernice van der Merwe

1 gaar hoender
1 ui, gerasper
1 klein wortel, gerasper
1 klein selderystingel, fyn gekap
2 groot agurkies, fyn gekap
30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap
125 ml (½ k) mayonnaise
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
2 ml (½ t) paprika
sout en vars gemaalde swartpeper
slaaiblare
4 sagte tortillas
1 ryp tamatie, in blokkies gesny
Metode:
Ontbeen die hoender (gooi die vel, vet en been weg), sny die vleis in kleiner blokkies en meng met die ui, wortel, seldery, agurkies, pietersielie, mayonnaise en natuurlike jogurt.
Geur met paprika, sout en peper.
Rangskik die slaaibare op die tortillas en skep die hoender-mayonnaise op die blare.
Sprinkel die tamatieblokkies oor en rol die tortillas op “Huisgenoot” 28/3/11.



WRAPS VAN RSG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
BESTANDDELE
4 koppies meel
½ teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
3 eetlepels botter, olie, margarien of vet
1 koppie baie warm water (net onder kooktemperatuur)
METODE
Meng al die bestandele baie goed.
Knie dit - die tekstuur moet elasties wees.
Maak okkerneutgrootte balletjies daarvan.
Druk dit plat en rol dit uit.
Gebruik 'n baie warm kleefvryepan.
Plaas die deeg droog in pan (geen botter, ens.)
Braai 10 sekondes aan elke kant.
Moet dit nie opstapel nie.
Jy kan dit vries vir tot 3 maande.
Jy sal 16 wraps hieruit kry.
Vul dit met heerlike vulsels.
NOTA:
Die Wrap van Rsg werk wonderlik. Ek wil voorstel dat jy al jou vulsels eers gereed kry.
Dan maak jy deeg aan sommer in jou voedselverwerker, en terwyl dit warm is maak jy die balletjies en rol uit. Ek het nog 'n bietjie water bygegooi todat my krummels saamgekom het. Dit bak mos sommer vinnig. Ek het die oond oopgehou en die gaar wraps op die oondrak geplaas. Ek plaas 'n foto van my wraps. Dit wat oorgebly het, het ek opgerol soos pannekoek en grvries. Sal nou sien hoe dit werk.*

Dalene Brits .


CRISPY STRIPS FOR TWISTERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
500 g skinless chicken breasts
vegetable oil (for deep frying) MARINADE
4 cups water
1 teaspoon salt
1 teaspoon msg
COATING
1 egg, beaten
1 cup milk
2 cups plain flour
3 teaspoons salt
1 teaspoon pepper
1 1/2 tablespoons paprika
1 tablespoon Mexican chili powder
1 teaspoon msg (isn't really important it just adds extra fla  vour)
TWISTER
1 cup lettuce, shredded
1 tomato, diced
salt, pepper mayonnaise 6 tortillas (like yiros bread but thinner)
Directions:
1  Trim any excess skin or fat from the chicken breasts.
2  Slice the chicken breasts into nice size strips (approximately 1/2 inch x 3-4 inches).
3  Combine the water, salt and MSG for the marinade in a large bowl and place chicken in to set for 20 minutes.
4  Turn the strips once while they are marinating.
5  Combine the beaten egg and milk and a bit of pepper in a medium size bowl.
6  In a small plastic bag combine the remaining ingredients (flour, salt, pepper, paprika, Mexican chille and MSG) and shake.
7  At this time you can start to preheat the oil in a deep-fryer to 220 deg.
8  When the chicken has been marinating for 20 minutes, transfer each piece to paper towels so that excess liquid can drain off.
9  Using about ten strips at once, place the chicken in the bag with the flouer and shake the bag until the strips of chicken are coated.
10  Place them on a plate.
11  Once they have been coated with the flour mixture dip them in the egg and milk mixture individualy and them back into the bag for another shake.
12  Be sure to try and get as much coating on each strip.
13  If you wish you can coat them again if you want a thicker coating.
14  Drop the strips, 5-6 at a time into the hot oil.
15  They should only take a couple of minutes depending on how you like your chicken.
16  Be sure to stir when frying so the strips don't stick together.
17  Remove the chicken from the oil and allow them to drain on paper towels for a couple of minutes.
18  Heat the tortilla bread in a frying pan on each side until it is nice and warm but not crispy, then remove from the pan.
19  Place about 3-4 (depending on size) krispy strips on the tortilla bread.
20  Then add the tomato and mayonnaise.
21  Put plenty of pepper and salt on the mayonnaise.
22  Then add the lettuce.
23  Roll up and serve.
http://deep-fried.food.com/recipe/kfc-twisters-15269*

Petra Pretorius .


Seared Beef Chipotle Wraps

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html
Sautee:
100g chopped red onion
100g baby marrow sliced
150g kidney beans
1 yellow + 1 red pepper (sliced)
1 tbsp garlic
In separate pan:
Sear 1kg steak (cut in 1.5cm strips)
Add WW Smoked Paprika & Chipotle Chilli sauce and simmer for not longer than 4min.
Mix all together and cool off.
Layer the edge of tortilla with cream cheese and middle with guacamole.
Add mix and roll. (4-6 portions)
Source: Woolworth Foods*
Maria Liebenberg



GLUTENVRYE WRAPS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html

Adriaan Van Niekerk Karin, ek maak die gluten free 'wraps' en hulle is heerlik met n grilled chicken stuffing, of iets soort gelyks...ietsie soets sal ook baie lekker in dit wees...en dit is gluten free. My gaste is altyd mal hieroor.
Jy kan gewone meel ook gebruik as jy dit nie gluten free hoef te eet nie. Hulle word in die oond gebak though en nie in n pan gebraai nie. Hoe dunner jy die mengsel smeer, hoe dunner kom die wrap uit, so jy kan hom so dun soos n pannekoek maak.

Grain Free Butternut (or Sweet Potato) Wraps

1 tablespoon Gluten free flour
1 & ½ teaspoon gelatin powder
3 tablespoons well cooked and mashed pumpkin (or sweet potato)
1 tablespoon. butter, ghee or coconut oil
1 egg
¼ teaspoon. sea salt (more or less to taste)

Instructions
Have all ingredients at room temperature. Preheat the oven to 180C and line a baking sheet with parchment paper. Stir together the coconut flour and gelatin.
Stir together the pumpkin and the butter until smooth. Stir in the gluten free flour/gelatin mixture until combined, then stir in the egg and sea salt.
Spoon into rounds on the baking sheet. You can make these thinner or thicker-- experiment and find what you prefer! I prefer nice thin ones.


Bake for about 12 minutes, then carefully peel them off the parchment paper and flip. Bake for another 5 minutes (or longer), until they are dry to the touch and pliable. (They will take longer to cook if they are thicker and they will cook faster if they are thinner... you know the drill.) Let cool completely, then enjoy within an hour or so of baking for the best texture.
.

                                                     




Hoendertortilla-pakkies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wraps-tortillas.html


200 g hoenderborsfilette, in klein blokkies gesny
sout en peper
olie
30 ml (2 e) romerige laevet-mayonnaise
60 g gerasperde laevet-cheddarkaas
125 ml (½ k) heelpitmielies
125 ml (½ k) ertjies
4 tortillas

Geur die hoender met sout en peper en braai in olie tot effens bruin. Bedek en stoombraai tot gaar. Skep uit en laat dit goed afkoel.
Meng die hoender met die mayonnaise. Voeg die kaas, mielies en ertjies by.
Skep die vulsel in die tortillas en rol in pakkies op. Verkoel tot stewig. Braai op ’n goed verhitte riffelpan tot effens gerooster.
Laat afkoel en pak in ’n houer. Hou koel tot dit geëet word. 
.

3 comments:

  1. kan iemand asb vir my se of ek advokadopeer kan vries ek sit met 'n klomp wat net gaan vrot word as ek dit nie binnekort gebruik nie

    dankie
    marietjie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ancoise Strydom Ja beslis neem
      2 kg avos en druk fyn meng met n klein bottel mayonaise ek kies graag wonder whip .sit on klein bakkies en vries en haal uit soos benodig om op broodjies te smeer

      Delete
    2. Henriette Wessels

      Daar is ook die wenk van dit in Vitamien C tablet opgelos in 1 glas water te vries. As jy ontvries - haal uit die "vitamien water" sodra dit ontdooi en kan uitkom!

      Delete