Friday 1 March 2013

NEUTE-KOEKE



MEELLOSE SJOKOLADEKOEK
*Sarie Kos*
Ek’s mal oor dié koek. Dis ryk en die kombinasie van neute en sjokolade maak dit alte lekker
Gebruik ’n ronde losboom-koekpan van so 20 cm.
300 g donkersjokolade
350 g (380 ml) botter
4 eiers, geskei
220 g (260 ml) strooisuiker
300 g okkerneute, fyngekap
Verhit jou oond tot 160 ºC. Voer pan uit met bakpapier en smeer of spuit dit goed. Smelt sjokolade en botter saam in ’n bak oor kookwater. Klits eiergele en strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg die sjokolade-bottermengsel daarby. Vou okkerneute in. Klits eierwitte styf en vou in. Gooi mengsel in die pan en plaas op ’n bakplaat. Bak vir 10 minute. Draai oond af na 150 ºC en bak verder vir 1 uur en 15 minute. Laat afkoel in die pan. Sif versiersuiker bo-op vir die mooi.*1/3/13+foto


NEUTE-KOEK
Bestanddele:
1 koppie (200 g) wit suiker
125 g sagte botter
2 eiers, geskei
2 koppies (500 ml) koekmeel
½ koppie (125 ml) melk
2 teelepels (10 ml) portwyn
1 teelepel (5 ml) fyn kaneel
1 koppie (100 g) gekapte gemengde neute
2 teelepels (10 ml) bakpoeier
versiersuiker
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
2. Klop die suiker en botter saam tot romerig. Voeg die eiergele een vir een by. Roer dan eers die meel, melk, port en kaneel by.
3. Voeg die neute en bakpoeier by en meng.
4. Klits die eierwitte tot ferm en meng dit by die koekbeslag.
5. Smeer ’n 20 cm-koekpan en besprinkel met meel. Giet die beslag in en bak vir 30 tot 45 minute.
6. Verwyder uit oond, keer die koek uit en laat deeglik afkoel. Sprinkel versiersuiker oor en sit voor.

Luukse Vrugte-en-Neutekoek
Dié koek word só genoem omdat dit basies net uit vrugte en neute bestaan met baie min beslag.
300 g gemengde neute
200 g dadels, gekap
100 g gesnipperde groenvyekonfyt
200 g groen kersies
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
80 g koekmeelblom
3 ml bakpoeier
3 ml sout
150 ml suiker
2 eiers
5 ml vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 150 °C en smeer 'n losboomkoekpan van 20 cm met botter. Voer uit met 'n dubbele laag bakpapier (ook teen die kante) en smeer weer. Meng die neute, dadels en gesnipperde groenvye, kersies en suurlemoenskil in 'n mengbak. Sif die meel, bakpoeier en sout oor die vrugte, voeg die suiker by en meng goed tot alles met 'n meellagie bedek is. Klits die eiers en vanieljegeursel saam en voeg by. Meng goed. Skep in die voorbereide pan en maak gelyk. Bak vir 2 uur of tot 'n toetspen skoon uitkom. Laat heeltemal in die pan afkoel en keer uit. Giet 60 ml brandewyn oor en hou dig toegedraai in 'n lugdigte houer. Giet elke week 'n sopie brandewyn oor tot voor Kersfees.
Lewer een middelslagkoek.*Landbou*


Moira Botha Dyer
Sjokolade-neutekoek met lemoen-fudge-sous:
 250ml bruismeel
75ml kakao
knippie sout
 100ml strooisuiker
 60ml botter
75ml sagte bruinsuiker
5ml lemoenessens
 125ml melk
 2 eiers geklits
 125ml gekapte haselneute.
 VULSEL:
 200g donker sjokolade en 90ml botter.
 S0US:
 125ml water
 125ml room
1 lemoen se skil
 45ml stroop
60g botter
20ml maisena gemeng met 40ml water.
 METODE:
Sif droe best saam. Vryf botter in. Plaas suiker en essens in mikrogolfhouer tot gesmelt. Voeg melk by droe best met eiers en klits tot glad. Giet beslag in 2 x 500ml mikrogolfhouers en mikrogolf afsonderlik by volle krag vir 5 min elk. Draai halfpad deur gaarmaaktyd om. Berei vulsel: Smelt sjokolade en botter saam en laat afkoel tot smeerbaar. Keer koeke uit en laat afkoel. Berei sous: Plaas sousbestandele in kastrol en klits oor matige hitte tot glad. Verdeel vulsel bo-op elke koek, strooi neute oor en plaas opmekaar. Sny in skywe en dien op saam met lemoensous
.2/4/13

No comments:

Post a Comment