Monday 1 April 2013

BEESHART / COW'S HEART RECIPES


GESTOPTE BEESHART
*Helena Kruger*
Gestop met ui, aartapels, wortels en seldery.Goed gesout en toegedraai in foil 4-5h op 200*C in oond.Heerlik sag en sappig.26/6/13



BEESHART
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/beeshart-cows-heart-recipes.html

Warm water
Gemaalde vleis
Sout en peper
Fyn naaltjies
Ui gekap en bruin gebraai
Botter of vet
Metode:
Sit die hart vir 3 ure in die warm water. Sny die hart aan die eenkant oop en haal die binneste van die hart uit. Meng die gemaalde vleis, ui en speserye saam na smaak. Stop die hart met vleismengsel. Werk dit goed toe. Smeer die hart met botter of vet, maak toe in wit papier wat met tou vasgebind is, en bak vir 2 ure in matige oond*Kosmater*






Antoinette Opperman Burger
LEKKER BEESHART
Ek het die maalvleis gegeur met uie, sampioene en tamatie en geurselsout.
Netvet om hart gedraai en toe in die swartpot in die oond gesit en lekker uitgebraai.
So 'n halfuur voor ek hom uitgehaal het het ek 'n blokkie biefgeur sousblokkie en 'n kop coke bygevoeg.
Dit was heerlik!!!!



Gestoofde Os Hart
 Boula resep
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/beeshart-cows-heart-recipes.html
1 bees hart
250 g flank of bors van skaap
15 ml kookolie
15 ml botter
3 uie, in skywe gesny
250 ml vleis aftreksel of droë wit wyn
2 ml gemaalde naeltjies
5 ml gemaalde koljander
1 ml gerasperde neutmuskaat
1 ml gemaalde Jamaika peper
30 ml asyn
Metode:
Week hart in warm soutwater vir sowat 30 minute.
Sny af die hoofare en gooi dit weg, sny die hart in blokkies.
Verwyder en gooi weg die vel van die skaap en sny vleis in kleiner stukke.
Verhit die olie en botter in 'n groter potjie en verbruin die bruin vleis.
Verwyder vleis uit potjie en hou eenkant.
Voeg meer olie en botter tot die potjie, indien nodig.
Voeg ui by en soteer tot deurskynend.
Laat die uie aan die onderkant van die potjie en lepel vleis bo-op.
Verhit res van die bestanddele in 'n klein potjie, giet oor vleis en bedek met deksel.
Prut stadig vir 1 uur of totdat vleis sag is.

BEESHART MET N SUURSOUS!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/beeshart-cows-heart-recipes.html
Beeshart mooi skoongemaak en al die senings of spiere uitgesny.Sny lang
repies en dan sny dit in mooi klein blokkies. Laat so 10min in skoon
asyn water le en spoel goed af.Plaas dit in n kastrol met 1 groot ui
opgekerf so 2-3k water en kook dit tot dit sag is .As die water te min
raak gooi nog by.Wanneer amper sag skil so 2 groot aartappels en sny dit
in klein blokkies, voeg by en kook tot sag.Maak 1/4k asyn, 2e
suiker,1t sout en n bietjie witpeper n en voeg by. Kook vir so 10min en
verdik jou sousie[ daar moet genoeg wees]met so 2-3 e
Maziena[Mielieblom] Proe en as daar nog sout of suiker of n bietjie asyn
kort gooi by!!!Baie lekker..en laat my weet asb. Helena N.S Jy kan dit
ook in jou stoompot maak tot dit sag is!!

 

No comments:

Post a Comment