Tuesday 23 April 2013

BOTTERBROODJIES




BOTTERBROODJIES
Henriette Wessels
Hierdie resep klink snaaks wanneer mens dit die eerste keer hoor. Maar as jy vinnig skons moet maak, is dit ‘n wenner.
Die warm skons is natuurlik altyd lekker met aarbeikonfyt of gerasperde kaas Bo-op.”





Bestanddele:
1 pakkie bruismeel – 500gram (ek gooi sommer so halwe teelepel bakpoeier ook by – net vir die wis en die onwis)
1 blikkie lemonade – 200ml (die Klein maer enetjie)
1 houer vars room – 250ml
1 knippie sout
Metode:
Meng als saam.
Op ‘n oppervlak wat met meel besprinkel is, druk die mengsel plat na jou voorkeur (een cm dik byvoorbeeld). Gebruik sommer jou hande.
Druk skons met ‘n glas of skondrukker uit.
Plaas op gesmeerde oondplaat (of in muffinpan) en bak tot goudbruin – so 20 minute op 180°, afhangende van hoe vinnig jou oond is.
Maak tee en geniet!
Bron: Leon  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/botterbroodjies.html

No comments:

Post a Comment