Tuesday 23 April 2013

DRYWENDE EILANDE






DRYWENDE EILANDE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/drywende-eilande-sneeu-eiers.html

(KOSHUIS POEDING
)
Baie kinders het met hierdie poeding grootgeword, veral die koshuisbrakke.
Daar is baie variasies – jy kan verskillende beskuitjies gebruik, neute oorstrooi, en dies meer.
Die resep is die skoon doek waarop jy kan begin verf en met jou eie idees vorendag kom.
Jy het nodig (vir 8 porsies):
•1 x 500 ml-houer langlewevla
•1 x 200 g-pak Mariebeskuitjies
•½ koppie appelkooskonfyt of Treat-karamelkondensmelk
•sjokoladestokkies of gekrummelde sjokolade vir versiering
Dan maak jy só:
•Verhit die vla in ’n kastrolletjie tot baie warm.
•Plak die be-skuitjies twee-twee aan mekaar vas met die appelkooskonfyt of kondensmelk en pak dit in ’n plat bak, wat diep genoeg is om twee of drie lae koekies in te pak.
•Jy kan dit ook in indi-viduele bakkies pak.
•Gooi warm vla oor die eerste laag koekies, pak nog ’n laag koekies en gooi die res van die vla oor.
•Laat staan die poeding vir ongeveer ’n halfuur sodat die beskuitjies kan sag raak voor jy dit voorsit.
•Versier dit met sjokoladestokkies of gekrummelde sjokolade.
Bron: Weg RY.







DRYWENDE EILANDE OF SNEEU EIERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/drywende-eilande-sneeu-eiers.html

Dalene Brits

SKFP
Franse meringue
So 3 eierwitte
60 gr strooisuker
Klop witte tot styf, voeg suiker lepel vir lepel op 'n slag stadig by, klop goed na elke byvoeging tot al die suiker in is, klop tot stywe punte en blink en glad.
Vul ‘n groot pan met water en bring tot kookpunt, verminder hitte en laat net prut, doop 2 groot lepels in water en vorm meringue eiers en laat in pan met water afgly. Kook vir 3 minute aan elke kant, haal uit en dreineer op groot skoon vadoek. herhaal tot al die meringue opgebruik is. Sneeu eiers kan ‘n ruk voor die tyd gemaak word.
CREME ANGLAISE
3 eiergele
80 gr strooisuiker
2 k melk
125 ml. Room
vanilje peul
sout
In swaarboom kastrol bring melk en vanilje peul tot kookpunt en verwyder van hitte.
klop gele en suiker met elektriese menger tot dik en romerig, voeg room geleidelik in. Voeg helfte van melk stadig by eiermengsel terwyl goed geroer word, plaas terug op lae hitte en voeg res van melk by en knippie sout, MOENIE KOOK NIE, roer tot die vla verdik het, toets deur streep met vinger aan die agtekant van die houtlepel te trek. Kan vooraf gemaak word.
KARAMEL
85 gr suiker
115 ml water
in klein pannetjie roer 60 ml van die water by suiker en roer oor lae hitte tot suiker opgelos is, verhoog hitte effens en laat karamaliseer haal van stoof af en voeg res van water stadig by, wanneer die gespat ophou plaas terug op stoof en kook tot stroperig.
Plaas bietjie vla onder in bord, rangskik eiers daarin en drup karamel oor.
Versier met spinsuiker nessies
.
Monica Klaasen Oosthuizen

DRYWENDE EILANDE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/drywende-eilande-sneeu-eiers.html

Ek het in Kuschke vir ons koshuismatrone gevra vir haar resep.
Maak 'n liter vla. 1 liter melk 70 ml vla 2 eiergele. kook die melk.
Klits die vla en 2 eiergele saam met bietjie melk.
Roer dan die vla mengsel vinnig by die kookmelk.
Voeg daar by 65gr s
uiker.
Klits jou eierwitte styf vou nou 'n pakkie jellie van jou keuse daarby. skep bolletjies in 'n pyrex bak.
Gooi daai warm vla aan die kant in. die bolletjies gaan oppop.
Die hitte van die vla maak die bolletjies gaar.
Na 28 jaar maak ek hom nogsteeds net so


Adri Smit

DRYWENDE EILANDE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/drywende-eilande-sneeu-eiers.html

4 eiers
1 pakkie jellie
1 liter melk en
60ml witsuiker
knippie sout
1ml vanielje geursel
Skei eiers klits eierwitte tot styf klits jellie poeier by plaas in yskas
Maak eier vla soos volg

 Eiergele melk witsuiker en sout saam en roer dit aanhoudend oor kookwater tot romerig
Dit moenie kook nie
Haal dit van die stoof af roer vanielje by
Verkoel vinnig in yswater
Om op te dien giet bietjie vla in bakkie skep kluitjies van jelly daarop giet vla oor
Hou mengsel in yskas anders smelt dit en het jy slordige kluitjies


Dalene Du Plessis
DRYWENDE EILANDE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/drywende-eilande-sneeu-eiers.html

My resep verskil van jul sin maar ek plaas dit vir interrassntshiedshalwe .
Ek neem 2 pakkies jellie en vir elke pakkie jellie 2 eierwitte styfgeklits .
(Groen en rooi jellie) by eerste 2 eierwitte gooi ek n pakkie jellie droog in en klits weer ,
dan by
.
Ander 2 styggeeklitse eierwitte voeg ek die ander pakkie jellie ek klits dit weer .
Jou 1 liter dikkerige vla moet reeds klaar gemaak wees .
Nou skep jy lepels vol van jelliemengsels in n bak en gooi lagie vla oor en dan weer jelliemengsel en weer n laag vla .
Jy kan eers jou groenjellie skep dan die rooi of jy kan rooi en groen deurmekaar skep net soos jy verkies . Jy kan meer kleure jellie ook gebruik maar dan moet jou vla ook meeer wees .
As iemand dit gemaak het sal ek daarvan hou wat jul daarvan dink

No comments:

Post a Comment