Saturday, 27 April 2013
BROODSKYWE OPGEROL EN OONGEBAK
OONDGEBAKTE GEVULDE OPGEROLDE BROODSNYE: 8 snye witbrood,korsies verwyder en platter gerol, 1 Ui in ringe gesny,gegeurde knoffelbotter(geur van keuse), 8 repe spek, 2 med aartappels in skywe gesny, 2 Eetlepels appelkooskonfyt, 2 Eetlepels mayonnaise, 1 Kop gerasperde cheddar kaas, 2 eiers geklits,gegeur met sout &peper. METODE: Voorverhit oond by 180°C. Smeer 'n pyrex bak met sproei of botter. Meng appelkooskonfyt, mayonnaise&kaas saam in 'n bak en hou eenkant. Braai uie ringe in 'n pan met olie tot net sag, hou eenkant in 'n bak. In dieselfde pan braai repe spek tot bros.Kook water en sout in 'n pot. Wanneer water kook sit skyfies in en kook so 10-15min tot net sag. Smeer nou elke platgerolde sny met knoffelbotter Plaas 1repie spek,2uie ringe&2 aartappelskywe op helfte van sny brood. Smeer nou kaas/konfytmengsel bo-oor. Rol sny nou styf op en seel met tandestokkies in die lengte van die rolletjies. Plaas in gesmeerde bak, verf elke rolletjie met geklitste eiermengsel & bak vir 10-15min tot ligbruin en gaar. Geseelde kante moet na bo wys.Bedien warm of koud. Bron: Moira Botha Dyer (My eie resep)27/4/13
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment