Monday 8 April 2013

CHICKEN FILLETS / HOENDER FILLETS





BACON WRAPPED CREAM CHEESE STUFFED CHICKEN BREASTS http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/chicken-fillets-hoender-fillets.html

1 boneless skinless chicken breast
2 tablespoons cream cheese
1 tablespoon green onion, Chopped
2 pieces bacon, Partially Cooked
Directions:
Pound out Chicken breast so it is about 1/4" thick.
Mix together cream cheese and green onions and spread cheese mixture over 1 side of chicken breast.
Roll CHicken breast up to conseal cream cheese.
Wrap partially cooked bacon around chicken breast and secure with toothpick.
Place on baking sheet and back for about 30 minutes at 375.
Broil for about 5 minute to crisp bacon.
Bron: *food.com*



IDEES MET HOENDER FILLETS (BORSIES)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/chicken-fillets-hoender-fillets.html
Frances Viljoen

Ek braai bacon, uie en mushrooms. Meng dit met 2 kop room en een pakkie wituiesop. gooi oor die fillets en bak in die oond tot gaar. Strooi gerasperde kaas oor net voor dit reg is sodat die kaas lekker bruin kan bak.

Riana Groenewald
Kap fillets versigtig plat,skep dan philadelphia(ek gebruik sweet chilli of mixed peppers) binne in,vou dubbeld,rol in eier en broodkrummels,lekker maklik en vinnige hoender kiefs.

Riana Groenewald
Of as jy net snitzels wil maak,kap hoender,rol in eier,en dan broodkrummels wat gegeur is met Ina Paarman se Olive en Rosemary spice,heerlik!!

Ella Conradie
Ek het gisteraand my fillets middeldeur gesny,dat hulle nie so dik is nie.laat lê in suurlemoensap en olyf/sonneblomolie. Vinnig gebraai in die pan met sout en peper en toe bietjie gebraai in Jan Braai se satay sous se resep wat op sy webblad is. Saam met dit aartappels in hul skil en gemengde groente (sommer P&P se pakkies groente vir 2, vinnig in die mikrogolf)

Benhet Nieuwenhuis
ek braai n ui, en sny my fillets in blokkies en braai dit dan saam di ui! Soma in di swartpot! Dan gooi ek soma genoeg mix veggies in! Sit deksel op ek laat di spilletjie bietjie gesels! Maak n lekker kaassous aan (of sous van jou keuse) gooi oor alles sodrae jou groente reg is! Bedien op rys! Of jy kan chicken a la king maak??

Thelma Botha
Ek maak 'n lekker hoender slaai met die filette. Braai filette in die botter tot gaar. Ek gooi bietjie soja sous oor die hoender terwyl ek dit braai. Wanneer gaar laat goed afkoel. Sny intussen blaarslaai fyner, tamatie stukkies, komkommer, uie, blikkie pynappel stukke gedreineer. Meng nou alles saam met hoender stukkies. Meng nou honey en mustard slaaisous en mayonaise. Gooi oor slaai en geniet. (eie resep)*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Christina Vd Schyff
Ek maak n snit in myne, smeer cream cheese in en sit sommer nog repies kaas in. spice na smaak en draai bacon om. Bak in oond vir so 30 min by 180 grade. Dis heerlik. Bedien saam met chips en slaai of mash en slaai en gemengde groete of groente van jou keuse.

 



Annalieze Dippenaar Spinasie of mushroom gevulde fillette, in beacon toegedraai en gebak ....

Anemie Mostert
Koop ñ pak Denny se Butter chicken (kerrie) maak jou fillets daarin gaar en bedien op rys


Marelize Vivier van Heerden
Sny in repies, laat le in Greek yogart met Portugeese spice in vir so n uur. Haal srippies uit en druk dan in krummels van Kips die spring uie geur, bak dan in die oond vir so 15 min. Heerlik saam met dips


Hanneli Erasmus
Ek gaan vanaand cajun chicken wraps maak met hoender borsies. Wat ook heerlik is , is om jou hoender borsies in kleiner stukkies te sny en sout en peper op te gooi na smaak , laat lê dit dan in buttermilk vir so 2 ure of oornag , maak dan so boksie kips soutbeskuitjies van jou keuse geur fyn en gooi in 'n ziplock sakkie (groot een), gooi dan die hoenderstukkies bietjie vir bietjie in die ziplock sakkie met krummels en skud goed totdat elkeen bedek is. Pak dit dan op 'n oondpan en bak in oond by 180 vir so 30 minute, breuk 1 oop om te kyk of hy deur gaar is. Maak 'n lekker groen slaai by en dalk aartappel wat jy kook in die skil tot sag maar nog ferm. Sny middel deur en krap die middelste uit. Maak fyn en meng in sout, pepper, bokmelkkaas of enige kaas mozzarella werk ook goed, en tamatie sous en skêp weer trug in die skil. Bak in oond vir 30 minute. Dit is konings kos.


Marinda Lazenby
Rol in geklitste eier, Dan in gerasperde kaas en Dan in krummels an jou keuse. bak by 160 vir so 35 -40 minute in die oond. Onthou om met foil toe te maak.

Gerome Young Sny repe sout en peper rol in spice flour en Dan in eier Dan in krummels fry in oil serve with green salad

Amanda Stoltz
Lekker chicken en mushroom pan, braai jou uie tot glanserig, sit mushrooms by, gooi hoender fillets by wat gesny is in blokkies, vat n pakkie chicken en mushroom pan wat jy kry by pick a pay, en meng met room en melk en water, dan gooi jy dit oor en laat prut, dan voeg jy brocolli by en chives, en laat prut tot sous dik en romerig word en als sag is, geur met sout en peper, en bedien op rys!!

Natasha von Molendorff
Vat almond flour en meng dit met fyn gerasperde parmesan of pecorino kaas en sout en beter by di mengsel..doop filette in geklitste eier, dan in flour mix en braai in warm olie nie te diep olie.....tim noakes resep...maar blerrie leka


Natasha von Molendorff
Kan ook stop met mozarella feta pesto en gekapte cherry tomato



Noeline Stoltz Ek stuff peperdews met feta, sny borsies in die middel deur. Rol peperdew toe met borsies. Steek vas met tandestokkie en stoom tot gaar. (ek sit in glasbak oor pot met water wat kook)

Mericia Erxleben
Peri-peri hoender: 5-6 borsies gaargemaak in mikrogolfoond. Voeg in 'n kastrol: 6E tamatiesous, 1E woestersous, half kop olie, half koppie asyn, half t mosterdpoeier, 1T paprika, kwart t Robertsons peri peri en 'n blerts knoffel (opsioneel). Prut die res van bestanddele oor lae hitte vir ongeveer 10 min. Roer gereeld. Sny gaar hoenderborsies in stukke. Voeg die hoender by die peri peri sous en prut vir 15 -20 min oor lae hitte - roer gereeld. Bedien met rys en slaai. Geniet !

Sarina van der Sandt
Slaan borsies plat, smeer met guacamole gemaak van avo, rou uie, rou fyngesnyde tamatie en 'n titsel knoffelpoeier, sout en peper. Rol op, steek vas met tandestokkie. Doop in meel, dan geklitste eier dan krummels. Bak vir 30 min op 180. HEERLIK,!!


Francois Du Plessis
meng yogurt en Parmesan kaas or paprika en gooi bo-oor - bak in die oond teen 180 tot gaar! maklik en heerlik - die met paprika is amper soos tandori hoender

  • Ilse Crafford-Van Der Merwe Schnitzels. Sny dit in die helfte deur. Stop dit met stukkie ham en lekker klomp gerasperde kaas. Rol toe en steek vas met toothpick. Doop eers in meel, dan in eier en dan in krummels. Plaas vir so uur in die yskas en bak in bietjie olie. Heerlik.
  • Sean Michael Van Tonder
    Chicken mayo broodjies.... Kook borsies en maak fyn en meng met mayonase, mostert v suurlemoensap en aromat!!!!**************************************************************************
    Angelica Beukes

    Hi kos maats. Ek sit op plot 10 km buite dorp. Ek will chicken schnitzel maak ,nou eers besef ek het nie eiers gekoop vir beslaag nie. (What a bummer). Is daar iets anders wat ek as plaas vervanger kan gebruik in eiers se plek? ??? Dankie

    Die volledige mayo chicken schnitzel dish. Was heerlik met die mayo
    **So sy het Mayonaisse gebruik in die plek van die eiers**

    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/chicken-fillets-hoender-fillets.html
     





      

    25/09/2015**
    **************************************************************************

GEVULDE HOENDERBORSIES

Mens kan regtig enige vulsel gebruik vir die borsies. Sny met 'n skerp mes 'n gleuf of sakkie in die borsie. Vul met vulsel van jou keuse. 
Strooi kwistig met hoenderspeserye en rol dan in meel. Braai liggies in olyfolie. Nou bak jy dit in die oond vir SLEGS 12 - 15 minute.Te lank bak maak die vleisie droog. 
Gooi nou bietjie witwyn in die pan waarin die borsies gebraai is om 'n sousie te vorm en gooi dit oor die vleisie wanneer jy opskep.
VOORBEELDE VAN VULSELS:
1. Braai uie en tamaties met speserye.
2. 3 -5 gerookte mossels - baie lekker.
3. Songedroogte tamaties gekap>

Gebruik hier jou verbeelding..

GEBAKTE HOENDER BORSIES





GEBAKTE HOENDER BORSIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/chicken-fillets-hoender-fillets.html
Oond 190 gr C. Neem 4 ontbeende, halwe hoender borsies en geur na smaak, hoenderspeserye, sout.
Meng 1 k karringmelk en
1 geklitste eier in ‘n bak en meng
1 k meel,
1 t paprika en
¼ tlp t rooipeper in ander bak.
Doop hoender in karringmelk mengsel, dan in meel mengsel. Bak in pan met medium hitte olie tot bruin alkant. Sit hoender in oondbak en bak verder in oond vir 5 -10 minute. Sit voor met gebakte aartappels en ertjies
Bron: Radio Namakwaland
Geplaas deur: Dalene Brits


                                   SNITZEL MET SAMPIOEN EN KAASSOUS>>
Foto Helena Kruger*Die Grasdak Bultfontein**



.

No comments:

Post a Comment