Tuesday 2 April 2013

DEEGBOLLETJIES IN KARAMEL SOUS


Liezl Brandt
DEEGBOLLETJIES IN KARAMEL SOUS
1 Pakkie Golden Cloud vetkoek mix
2k Suiker
2t Vanilla essence
250ml Room
Metode: Stap 1
Smelt suiker in 'n pot oor matige hitte (pasop dit raak vinnig bruin as hitte te hoog is)
Voeg so 50ml water by die suiker as jy bang is dit brand aan.
Roer aanhoudend.
Sodra dit ligte bruin van kleur is, verwyder van plaat.
Skakel plaat af.
Voeg nou die vanilla essence by asook die room terwyl dit aanhoudend geroer word.
Plaas die pot terug op die afgeskakelde plaat sodat die sous warm bly.
Metode: Stap 2
Verhit sonneblom olie in 'n kastrol.
Maak die pakkie vetkoek deeg aan volgens die pakkie se aanwysings.
Skep nou teelepels vol deeg in die olie en bak tot goudbruin.
Dreineer die bolletjies op "handdoek papier".
Metode: Stap 3
Gooi nou die bolletjies in 'n diep glasbak (versprei eweredig as dit 'n reghoekige bak is).
Gooi nou die sous bo-oor die bolletjies en laat staan vir 'n rukkie dat die bolletjies die sous in trek.
Sous kan verdubbel word as die bolletjies te veel is.
(my kind eet sous met bolletjies en nie bolletjies met sous nie)
Vir 'n warm nagereg kan die nagereg in 'n warm oond gehou word. Vermeeder sous omdat die bolletjies die sous absorbeer.
Vir 'n koue nagereg kan die bak met bolletjies net laat staan word tot nagereg bedien word of dit kan in die yskas gehou word.
Bedien met lekker vanilla roomys of vla
.N.S>Dis gewoonlik genoeg vir 10+ volwassenes en dan gee ek vir kinders ook.Hang af van porsie grootte wat mense skep.
Probeer eers die resep vir 'n gesin van 4-6 mense.
Ons is soettande so vir 5 volwassenes en 2 kinders is die bak binne 'n dag "gesweep"...http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/deegbolletjies-in-karamel-sous.html

No comments:

Post a Comment