Tuesday 2 April 2013

VRUGTE TERTJIES



GORGONZOLA-VYETERTJIES
1/2rol van 500g-pak filodeeg,
30ml gesmelte botter,
100g gorgonzola of romerige bloukaas,
250g geroomde maaskaas,
50g okkerneute,
45ml heuning&6 vars vye**
Voorverhit oond tot 200g
Smeer 6 ramekins.
Sny elke vel in 4 blokke,smeer met gesm.botter,
pak4 blokke in elke ramekin.
Meng res van best buiten vye goed,deel tussen ramekins
Druk 'n vy in elk bak 10-15min tot deeg goudbr en gaar is.Top met heuning**Moira Botha Dyer



VRUGTE TERTJIES
1 Tertkors
of
Tertdoppies
1 Blik kondensmelk
500g Cremora
1/2 koppie kookwater
1L Vrugte jogurt (Dairy belle se wit jogurt - Cape fruits of so iets)
100g Gelatien opgelos in bietjie kookwater (dikkerige mengsel/gelatien moet net oplos wees)
Metode:
Maak die cremora aan met die kookwater.
Klits solank die kondensmelk vir 2min op vinnig.
Voeg die vrugte jogurt by en klits tot net gemeng is.
Voeg nou die cremora by en klits weer tot dit net gemeng is.
Nou gooi mens die gelatien oplossing by en roer net goed deur.
Skep die mengsel in tertdoppies of die tertkors en laat stol vir +- 3 ure.
 Ek versier sommer die tertjies met vrugte stukkies wat in seisoen is.
Enige jellie geur kan ook gebruik word ipv die gelatien (2 pakkies strawberry jellie en jogurt vir 'n strawberry tert)2/4/13
Liezl Brandt

No comments:

Post a Comment