Tuesday 2 April 2013

PLAATKOEK VIR MARKDAE

FLOPVRY MARKDAG SJOKOLADEPLAATKOEK

Arina du Plessis                                                  

Lewer 24 blokkies.
Wat ook al die geleentheid, dié resep is ’n redding.
Dis blitsig, ekonomies en flopvry.
750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5ml koeksoda
80 ml kakao, gesif
450 ml suiker
3 ml sout
500 ml warm water
250 ml olie
60 ml asyn                                                                                
10 ml vanielje geursel
Voorverhit die oond tot 180 C.
Smeer ’n standaard oondpan liggies met olie.
Pols die droë bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot gemeng.
Voeg die water, olie, asyn en vanielje geursel by en pols tot ’n gladde beslag.
Gooi in die oondbak, smeer gelyk en bak vir 23 - 35min of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache.2/4/13
Geplaas deur:Charina Fourie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/plaatkoek-vir-markdae.html

VERSIERING

125g goeie margarine of botter 375ml (1 ½ koppies) versiersuiker 
15-30ml (1-2 eetlepels) kakao … sif maar die twee goedjies saam want dan verhoed jy klontjies. 
1 teelepeltjie vanilla geursel. 

Klop daai botter/margarine tot dit romerig is.. en voeg dan die versiersuiker stadig bietjies vir bietjies by terwyl jy aanhou klits.. Voeg jou vanilla geursel by. Sodra jou koek gaar is en uit die oond kom, smeer jy hierdie versiersuikermengsel bo oor… en los hom dat hy afkoel
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/plaatkoek-vir-markdae.html 





Alescha Pretorius
WENK VIR KOEK WAT MET PUNT RYS IN OONDPAN 

Ek het raad wat wraggies werk ek bak amper elke dag.
Jy kan vir jou wilton se bake even strips koop of soos ek maak jou eie.
Vat papertowels sommer so 3 of 4 aan mekaar en vou dit op horisontaal todat dit dié breedte van jou pan is met ander woorde van bodem na bo dis gewoontlik 2" of 3". VAT foil in dieselfde lengte as dié paper towels en vou dié foil toe om dié paper towels. Vou nou dié een punt heeltemal toe. Aan dié ander kant tap jy water in en druk dan weer oortollige water uit. Vou dié foil strip om jou pan en bak. Haal dié foil strip af 10 min voor dié tyd en bak hom klaar. Koeke rys skeef of met n dome omdat jou koek se kante altyd eerste gaar word voor dié middel so dus hou jou kante op rys maar dié middel rys nog steeds. Met dié strips om hou dit jou panne se kante koeler en dus rys dié koek gelyk.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/plaatkoek-vir-markdae.html  



lza Jamneck

SJOKOLADE OONDPANKOEK

Smelt saam in 'n groot kastrol:
250 g Margarien
1 koppie olie
2 koppies water
4 eetlepels kakao
Haal van warm stoofplaat af.
Meng 4 koppies meel en 4 koppies suiker by.
Klits 4 eiers en 2 teelepels vanilla by.
Meng 2 teelepels koeksoda met 1 koppie melk en voeg by mengsel, meng goed.
Gooi in groot oondpan of in 2 groot tertbakke.
Bak teen 200°C vir 30 - 40 minute.

Intussen smelt die volgende bestanddele in dieselfde ongewaste kastrol:
125g Margarien
4 eetlepels kakao
4 eetlepels melk
Roer die volgende by:
3 koppies versiersuiker
2 teelepels vanilla.

Wanneer die warm koek uit oond kom gooi die versiersuiker dadelik bo-oor. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/plaatkoek-vir-markdae.html


Chantelle Geldenhuys
Jy MOET hierdie koek probeer..... ek het so 4L glas bak wat ek hom in bak maar seker die oonpan sal ook werk.... Dit is my suster se resep....

MICHELLE’S CHOCOLATE CAKE

500 ml cake flour
10 ml baking powder
5 ml salt
500 ml sugar

125 ml maas
2 eggs, beaten
5 ml bicarbonate of soda
5 ml vanilla

125 ml margarine
125 ml oil
250 ml boiling water
50 ml cocao

50 ml margarine
5 ml vanilla
50 ml maas
3 heaped tablespoons cocao
250 g icing sugar (sieved)

Sift together flour, baking powder and salt. Add sugar.
Mix together maas, eggs, bicarb & vanilla.
Add to flour.
Boil together margarine, oil, boiling water & cocao.
Add to flour and egg mix. Mixture will be sloppy.
Bake at 180 °C for 30 min.

Icing:
Melt margarine, vanilla, maas & cocao. Take off stove. Add icing sugar until smooth & spread over cake.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/plaatkoek-vir-markdae.html




VANILLA PLAATKOEK                     
    
500g suiker
6 eiers
1 teelepel vanilla
350ml water
200ml olie,
500g meel
6 tlps bakpoeier
knippiesout

Klits suiker, eiers en vanilla saam vir so 10 min, gooi water en olie by en meng vinnig deur, gooi meel en sout in en meng goed, gooi bakpoeier laaste in. Bak vir 40 min op 180 grade.

(Kreatiewe Kos Idees)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/plaatkoek-vir-markdae.html

No comments:

Post a Comment