Tuesday 2 April 2013

ALLERGIEE RESEPTE / IDEES

SJOKOLADE KOEK

(geen eiers,botter of melk):
1 ½ K meel;
3 Eetlp kakao;
1K suiker;
1tlp koeksoda;
½ tlp sout;
5ml wit asyn;
5ml vanielje geursel;
5 Eetlp olie &
1K water

Metode:
Verhit oond tot 180C. Meng droe best saam in bak. Maak 3 holtes: 2 kleintjies: 1 vir asyn en 1 vir vanielje & 1 groterige 1 vir die olie. Gooi water bo-oor alles & roer-meng tot glad. Gooi in pan & bak op middel rak vir 35min of wanneer toetspen skoon uitkom. Laat afkoel & versier.
#eiervryesjokoladekoek #suiwelvryesjokolade koek
Geplaas deur: Moira Botha Dyer

LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG



ALLERGIEE
Dalene Brits

NOUGAT

SA Kookboek vir allergiee
Resep lewer: 64 stafies Porsiegrootte: 1 stafie
NB: Kry al die bestanddele en gereedskap gereed en voer of smeer die pan voordat jy die nougat begin maak. Die maak van nougat is baie bevredigend, maar word nie vir beginnerkokke aanbeveel nie!
2 x 250 ml witsuiker
2 x 100 ml vloeibare glukose
2 x 125 ml koue water
3 eierwitte (van groot eiers) (75 g)
0,5 ml sout
5 ml vanieljegeursel
150 g neute (bv. pekanneute)
100 g glanskersies ryspapier.
1. Plaas die suiker, glukose en koue water in twee kastrolle.
2. Verhit die inhoud van een kastrol terwyl oor lae hitte ge-
roer word totdat die suiker opgelos is.
3. Kook die suikermengsel, sender om te roer, totdat dit 'n
stywe bal vorm wanneer dit in koue water getoets word
(118-120 °C).
4. Klits intussen die eierwitte en sout styf, maar nie droog
nie, met 'n elektriese menger. Voeg die warm stroop sta-
dig by terwyl aanhoudend geklits word.
5. Terwyl hierdie mengsel geklits word, word die inhoud van
die tweede kastrol net soos die van die eerste gekook.
Klits die tweede hoeveelheid stroop ook by die eiermeng-
sel soos reeds beskryf.
6. Voeg die geursel, neute en kersies by. Giet die mengsel
in 'n 320 mm x 230 mm-pan wat gesmeer en/of met rys
papier gevoer is. Maak gelyk. Plaas ryspapier bo-oor die
mengsel. Laat 1-2 dae staan om styf te word. Sny in
stafies met 'n skerp dunlem mes. 01/04/2013

Dalene Brits

SAGOJELLIE


12,5 ml Sago
125ml Kookwater
375ml water
1 x80g pakkie jelliekristalle
125ml kookwater
1. Week sago 1uur lank in eerste kookwate.
Verhit 375ml water tot kookpunt. Voeg die geweekte sago en enige weekwater by die kokende water. Roer aanhoudend en kook todat die sago deurskynend is.
2. Los die jelliekristalle op in die kookwater en roer by die sago. Laat die emngsel afkoel tot die dikte van vars eierwit. Klits die jelliemengsel tot dubbel die volume, verkoel en sit voor.

Dalene Brits
 Gerrie Harmse

TURKSE LEKKERS:

(Turkish Delight)
* Lillyne Grunewald*
45ml gelatien
125ml koue water
500ml strooisuiker
190ml kookwater
4ml wynsteensuur (tartaric acid)
1 suurlemoen se sap
5ml vanielje geursel
Rooi voedselkleursel


Spons gelatien in koue water. Verhit suiker en kookwater saam tot suiker opgelos het. Voeg wynsteensuur by en verhit tot kookpunt. Laat vir sowat 5 minute kook. Roer suurlemoensap by en verwyder van hitte. Los gelatien oor warm water op en giet by. Roer deeglik en voeg kleursel by. Kleur mengsel, indien verkies, met ‘n paar druppels voedsel kleursel. Giet in gesmeerde vlak bak en laat afkoel. Sny in blokke en sif versiersuiker oor.19/3/13

No comments:

Post a Comment