BESKUIT (GLUTENVRY)
Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Lente 2008
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Wie kan ’n stukkie beskuit saam met die oggendkoffie weerstaan?
(20 stukke)
1000 ml (4 koppies) glutenvrye, verrykte bruismeel
5 ml sout
250 g botter
125 ml suiker
500 ml warm melk
2 eiers
Verhit jou oond tot 180 ºC. Sif die meel en sout saam. Smelt die botter en
suiker in ’n kastrol saam met die melk. Laat dit afkoel. Klop die eiers by die
melkmengsel in. Voeg die mengsel by die meel en sout en meng goed. Druk in ’n
gesmeerde oondpan van so 35 x 20 cm groot. Bak vir sowat 1 uur tot gaar. Haal
uit die oond en laat afkoel. Sny in stukke en plaas op bakplate. Draai die
oondtemperatuur af na 100 ºC. Plaas die beskuit oornag in die oond tot dit goed
uitgedroog het.
Assistent Lynnae Janse van Rensburg
In samewerking met Amanda Weber
Geplaas deur: Dalene Brits
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/glutenvrye-beskuit.html
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/glutenvrye-beskuit.html
Glutenvry Beskuit
2 1/2 k gluten-vry meel;
1tlp koeksoda;1 1/2 tlp b/poeier;
2 eiers;
1/2 tlp sout;
3/4 k suiker;
2 Tflp botter/margarien;
1 1/2 k melk;
Sonneblom sade, gekapte neute;
Skil van 1 suurlemoen;
1 Tflp heuning/stroop;
2 Tflp suurlemoensap
Meng botter, heuning, eiers & melk baie goed saam. Voeg suurlemoen by & meng/klits goed.
Meng meel, sout, koeksoda, b/poeier, sade/neute & suurlemoenskil saam. Giet eiermengsel by & meng baie goed. Gooi meer melk by as benodig. Deeg MOET bietjie stywer as pannekoek deeg wees, baie slap deeg!
Giet in gesmeerde oondpan & bak by 180C vir 3/4 - 1uur. Haal uit. Los in pan so 15min. Sny & droog uit. (Onthou glutenvrye meel is baie anders as gewone meel!) Jy gaan dalk laaaaank vat om uit te droog hoor maar is heerlik!
Moira Botha Dyer
Lekker resepte vir die jongergeslag
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/glutenvrye-beskuit.html
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/glutenvrye-beskuit.html
No comments:
Post a Comment