Friday 19 April 2013

HOENDERGEREGTE IN N STOOMPOT





Mexikaanse Hoender

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoendergeregte-in-n-stoompot.html
5ml olie
1,5 kg hoenderstukke
2 uie gesny
2 huisies knoffel, fyn gedruk
1 groen rissie in repe gesny
1 rooi soetrissie in repe gesny
30ml tamatiepast
150ml druiweasyn
250ml hoenderaftreksel
250ml sjerrie
50ml rosyntjies
swart en goen olywe
mielieblom om te verdik
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
Verhit olie in die spoedkoker en braai die hoender mooi bruin aan alle kante. Voeg die uie, knoffel en soetrisies by. Soteer n paar minute lank tot sag. Meng die oorblywende bastandele , behalwedie olywe, mielieblom engeurmiddels en gooi oor die hoender. Verseel die pot.

Bring tot optimale druk. Kook 10 - 12 min lank teen hierdie druk. Skakel af en laat die kookwyser heeltemaal daal. Verdik die sous met n bietjie mieliemeelblom en voeg sout by. Strooi die olywe bo-op en bedien warm met pasta-rys (ons gebruik taglatelie) Kom uit AMC Classic se resepteboekie* Piet van der Gryp*

No comments:

Post a Comment