Tuesday 16 April 2013

GROENBOONTJIES / GREENBEANS



GEBAKTE GROENBONE EN NIKNAKS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

Gaar boontjies

Gerasperde kaas
Spek en uie gebraai
witsous
1 pak niknaks gekrummel
MAAK SO:
Pak 2 lae van alles.
Bak by 180°C tot goed warm.
So maklik soos dit.*
Kos vir kampeerders met idees vir kampering*
Sharlene Earle Retief

GROENBONE GEREG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

1 kg groenbone sag gekook
250 g gerookte hoender worsies, gekerf
1 ui fyn gekap
3 k witsous
1 pak Nick Nax
Gerasperde kaas
METODE:
Voorverhit oond – 180ºC
Meng alles behalwe kaas.
Gooi mengsel in groot genoeg oond skottel.
Strooi kaas bo-oor.
Bak vir 10 minute in oond.



GEBAKTE GROENBONE-GEREG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

2 x 410g-blikke groenboontjies
50 ml olie
2 ml sout en knippie peper
125 ml suurroom
broodkrummels
125 ml gerasperde kaas
Metode:
Verhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n vlak tertbak of spuit met Spray & Cook. Dreineer die boontjies deeglik. (Sit 'n sif bo-op 'n plastiekbak en gooi die boontjies in die sif. Laat 'n tydjie staan.) Meng die boontjies liggies met die olie, sout en peper. Skep die boontjies in die gesmeerde oondvaste bak. Gooi die suurroom bo-oor. Meng die broodkrummels met die kaas en gooi bo-oor. Bak dit vir 30 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm."Carol Elliott Claasen"


Annette Strydom Kolb

GROENBOONTJIEGEREG
250ml suurroom, 
1 ui, 15ml botter 
30ml melk 
30ml koekmeel 
10ml mazina koppie kaas 
1 pakkie cheese and onion chippies. 

Kook jou boontjies braai ui in botter voeg room by. Meng melk mazina en koekmeel saam voeg by suurroom meng tot verdik. Verweieder van hitte. Voeg kaas by. Roer boontjies by sit in bak sprinkel kaas oor en fyn gemaakte chips oor boontjie bak tot goud bruin

KNOFFELBOONTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

350 g groenboontjies
100 g spinasie
15 ml olyfolie
1 knoffelhuise, gekneus
Metode:
Kook die boontjies in soutwater tot sag. Terwyl die boontjies kook, stoom die spinasie sommer gaar in 'n vergiettes oor die kookwater waarin die boontjies kook (sit 'n deksel op). Wanneer die groente gaar is, dreineer en skep uit die pot uit. Verhit die olyfolie in dieselfde kastrol en soteer die knoffel daarin vir 30 sekondes. Skep die boontjies en spinasie terug in die kastrol en meng goed. Geur na smaak en verhit tot die mengsel warm is. Bedien warm.


SPEK-EN-FETA GROENBOONTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

250 g pakkie spekstukkies
500 g gevriesde groenboontjies
5 ml fyn knoffel
100 g fetakaas, gekrummel
2.5 ml uiesout
knippie swart peper
30 ml water
Metode:
Plaas die spek in 'n groot braaipan. Kook oor medium hitte tot die spek gaar en bros is. Skep dit uit die pan uit en hou van die vet oor vir later. Hou so 30 ml van die spek uit vir garnering.
Kook die boontjies in bietjie soutwater tot ontdooi, maar nog nie heeltemal gaar nie. Dreineer, druk droog met kombuispapier en laat eenkant. Verhit nou weer die pan met die vet in, en braai die knoffel daarin tot goudbruin. Voeg die boontjies en feta (hou bietjie uit vir garnering) hierby in, en geur met die uiesout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm en tot die meeste van die feta gesmelt het- dit neem ongeveer 2 minute.
Skep die boontjies uit in 'n opdienbak en sprinkel die oorblywende spek en feta bo-oor vir garnering. Bedien warm


GEBAKTE KNOFFEL GROENBOONTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

30 ml olyfolie
7,5 ml appelasyn
5 ml droë uievlokkies
1 knoffelhuisie, gekneus
1 ml sout
knippie peper
375 ml gevriesde groenboontjies, ontdooi
15 ml droë broodkrummels
15 ml gerasperde parmesaankaas
5 ml botter of margarien, gesmelt
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 grade.
Meng die olie, asyn, ui, knoffel, sout en peper saam in 'n mengbak. Gooi die boontjies by en meng goed saam sodat die boontjies met die mengsel bedek is. Skep die boontjies oor in 'n gesmeerde oondbak. Meng die broodkrummels, kaas en botter saam, en sprinkel dit bo-oor die boontjies. Bak onbedek vir 10-15 minute of tot die gereg deurwarm is.


KAAS BOONTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

250 g gevriesde boontjies
15 ml fyngekapte ui
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml botter of margarien
sout en peper na smaak
ongeveer 30 ml gerasperde kaas
Metode:
Kook die boontjies in bietjie soutwater tot gaar, maar nie pap nie. Neem 'n groot braaipan en braai intussen die ui en knoffel in die botter tot sag en deurskynend. Dreineer die boontjies, en voeg dit by die uie in die braaipan. Meng versigtig maar deeglik (jy wil nie boontjiemoes hê nie). Geur met sout en peper. Skep in 'n opdienbak en sprinkel die kaas bo-oor net voor opdiening.
Bedien warm.


ROMERIGE GROENBOONTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

125 ml spek
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en gekap
410g-blik groenboontjies, gedreineer
sout en peper na smaak
125 ml voorbereide witsous
60 ml gerasperde cheddarkaas
Metode:
Braai die spek en ui saam tot gaar. Voeg die tamatie by en braai tot die tamatie sag is. Voeg nou die boontjies by en roer versigtig. Geur na smaak met sout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm. Maak intussen jou witsous en roer die kaas daarby. Roer die sous by die boontjies in. Bedien warm.




Rona Swart
Gebakte Groenboonttjies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html
(HG Wenresepte 3)
250g (500ml) gesnipperde groenboontjies
1 ui, grof gerasper
12,5ml botter
25ml koekmeel
2ml bruinsuiker
2ml sout
knypie peper
125ml suurroom
75ml melk
250ml gerasperde kaas
100ml (40gm) verkrummelde aartappelskyfies)
Kook groenboontjies gewoonweg in water tot sag en dreineer. Voorverhit die oond op 180 grade. Smeer 'n oondvaste bak met 'n volume van ongeveer 1lt.
Soteer die ui in die smeer. Haal die pan van die stoof af en roer die meel, suiker, sout en peper by. Roer die suurroom en melk by. Verhit oor matige hitte tot dik en roer aanhoudend. Voeg die uiemengsel en kaas by die boontjies en meng. Skep in die gesmeerde bak en strooi die skyfiekrummels bo-oor. Bak dit tot goed warm en sit voor. (6 Porsies)


Helena Kruger
GUJARATI GREEN BEANS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html
One of the simpliest side dishes and great with rich curries.
250g Runner Beans, finely sliced crossways
2 Tbsp Sunflower Oil or other neutral oil
Salt, to taste
1/2 tsp Turmeric
6-8 Curry Leaves, finely sliced *
20g Fine Desiccated Coconut
Heat the oil in a wok, add the beans, then coconut, turmeric, and curry leaves. Stir-fry over high heat for 2 minutes. Add 2 Tbsp of water and stir well, and allow the water to evaporate. Season to taste and serve. *12/6/12*Rafi’s*



Tania Roolvink
GROENBOONTJIE GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html
Sny Groen Boontjies so 4-5cm lank. Kook saam met uie tot gaar. Dreineer en voeg bietjie knoffel (vars gecrush of gekonsentreerde gecrush - wat ookal jy het) en Feta by. Roer tot feta so bietjie gesmelt het. Sout en swart peper na smaak. Baie lekker!



VRAAG.
Susan Burger Bothma

Het iemand dalk 'n resep of idee vir groenboontjies, net nie met aartappels en uie nie.



Lizette Erasmus
Kook tot gaar maar nie pap. Braai uie, knoffel, mushrooms en bacon tot gaar. Gooi room by en laat kook tot dikker. Meng met boontjies en gooi in bak. Gooi kaas bo oor en bak tot kaas gesmelt. Heerlik. Geur na smaak.


Henriette Wessels
Ek was my bone en sny die punte af. Dan braai ek dit heel in botter met uie en knoffel - dis vining crispy en heerlik..gooi so bietjie aromat en swartpeper na smaak as dit gaar is!


Suzette Donadio Bubalo
Ek maak ñ slaai van groenbone. Jong en dunnes los ek heel en sy net die ente af en stoom tot net gaar andersins sny ek ñ dikker boontjie in 3-5 stukke en stoom gaar. Plaas in ñ slaaibak. Voeg sout en witpeper of varsgemaalde swartpeper en ñ bietjie olyfolie en vars suurlemoensap volgens smaak met vars fyngekapte knoffel daarby. Roer deur en geniet warm of koud.


Chantal Bruce-Bays
Ek maak myne in die oond( so bietjie gekook voor die tyd) baie olyf olie knoffel sout peper en gekrummelde feta kaas bak dit in die oond. Waneer dit gaar is gooi jy suurlemoen sap oor! Vir my is die heerlik en ek sal dit elke liewe dag eet!


Pieter Vee
Braai in n pan met uie,olyf olie,bazil pesto, bietjie garlic en aromat. Moet nog krispie wees




NOG IDEES

   Nanette Opperman
Ek maak n witsous gooi bietjie suurroom by, kook die boontjies. Dan meng ek dit. Dis heerlik verby.

Anneke Kruger
 Braai bacon en sit dit ook in en gooi lekker swart peper en soutjies!

Lurette Vercueil
Hi Karien, het jy dit al probeer met bacon en fetakaas? Jy kook dit soos gewoonlik saam met jou uie. Braai die bacon apart bros. Voor jy dit opdien dan sit jy net die bacon by en krummel die feta kaas is. Hoop dit help.

Alida Siebert
Kariem, ek maak myne met 'n kaassous oor - gladnie soos ma of ouma sin nie, maar erg lekker!

Caronise Koopman
Gooi biefblokkie by... jy moet ook altyd sorg dat jou vleisie lekker bruingebraai is (bruinsous) voor jy die groente by gooi! Oh ja, en not forgetting the Black pepper... lots of it!! lol

Marinda Botha Bacon en vars room yummi!! mal oor groen boontjies..

Avril Fillies alida ek het nooit belang gestel as my ma in die kombuis besig was nie, want sy moet mos kosmaak en my frikkadelle het altyd kliphard gekom of soos my broer gese het, jy kan die hoenders daarmee doodgooi. die week voor my ma afgesterf het, het sy by my in die kombuis kom staan en gese ek moet my frikkadel aanmaak sodat sy kan sien wat ek verkeerd doen, so gemaak en toe vind ek uit dat jy van dieselfde water/melk waarin jy jou brood geweek het bietjies moet byvoeg om die mengsel losserig te maak, amper soos die mincemengsel vir bobotie en gooi twee eiers by die mengsel, so sag soos 'n baba se boudjie (lol) en nou is dit die eerste ding wat ek moet maak as ek by my suster gaan kuier: hulle soek Ma se frikkadelle

Alida Siebert Avril jy het die kosbaarste herinnering! En daai raad gaan ek nou ook toepas!
Avril Fillies bly my ma se wenkie gaan nou jou frikkadel so sag soos 'n baba se boudjie maak (lol)
Ansie De Waal
Ek stoom die boontjies en voeg n bietjie Bolognaise sous by en braai dit bietjie daarin voor opdiening

Krystle Louwrens wat jy ook kan probeer, wat ek gewoonlik doen. jy kook die boontjies met die aartapple en uie, waneer dit gaar is en jy mash dit gooi bitjie melk en botter by dan mash jy dit. dan is dit lekke roomerig

Emmerentia Parsons ek kook ook my bone met uie en aartappels, as ek dit mash gooi ek bietjie melk en lekker homp botter in..
Martie Botha
Ek kook my boonjies en uie water dit af sit aartappels in wanneer gaan druk ek dit fyn gooi room sout en peper oor roer goed en val weg

Alida Siebert
Ek het nou net 'n gedagte gedink - sou dit kon wees dat die boontjies wat ons ouers gekoop en gekook het net 'n beter gehalte en kwaliteid was as die wat ons nou koop? My rationele brein se as jy x vat en sit z by moet jy y kry of hoe?
Ilse Whitehead Strauss
Ek gebruik net swartpeper in die huis en my boontjies was nooit reg nie, tot iemand my eendag gese het ek moet fyn witpeper ook ingooi. Nou snaak hulle perfek

Marie De Jager Beukes
Maak lekker vet, maar ek dink ons ma's het 'n koppie room bygevoeg. Ek het anderdag mayonaise bygegooi nadat ek die met uie en aartappels gekook het en fyngemaak. Was baie lekker.


Lunette Cabaco
 Net vir interessantheids onthalwe, Boontjies met aartappels en uie gekook is baie hoog in suiker, so as jy iemand in jou huis het wat sukkel met dit, stoom maar eerder jou boontjies.



Marietjie Koekemoer Swanepoel 
Blansjeer ui, voeg skaaptjop/lamsskenkel by en geur met gunsteling geurmiddels. Ek verkies sout, witpeper en worcestersous. Voeg by aartappel en stowe tot vleis en aartappel byna gaar is. Voeg vars bone by, geur met spesery en nooi jou ma en ouma.



Helena Kruger 
GEKOOKTE GROENBONE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

Boontjies gekerf en uitjie saam kook dan kom jou aartappels na n rukkie by en kook dit tot dit alles gaar is..dreineer goed in jou vergietes voeg n lekker homp botter by sout en witpeper en ja so 1t suiker**maak fyn en eet lekker soos ouma dit maak**

                                                                                              
GROENBOONTJIEKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenboontjie-greenbeans.html

750 ml Gesnipperde bone
5 ml sout

200 g(375 ml) Koekmeel 
10 ml Bakpoeier

5 ml Kerriepoeier 
Knypie peper

5 ml fyngeraqsperde ui 
2 Eiers, geklits

Kookolie vir vlakbraai.
Kook boontjies tot sag
Dreineer goed voeg by droe bestandele
Voeg eiers en ui by en meng, as te te styf voeg bietjie water by.
Skep lepels vol in warm olie
Druk platter en braai bruin aan albei kante
Dreineer op kombuis papier.
Maak n lekker mosterd sous met mayo, suiker en mosterd en bedien 
Lewer 12(30 x vir 300 mense)
Geplaas deur: Dalene Brits

GROENTE GEREG
Ons is drie mense.
Ons vat een dunnerige patat (of geskilde aartappel),
een ui, so halwe vuis blomkool en
selfde broccoli,
 handvol gekerfde boontjies en
 twee wortels geskil.


 Braai die gechopte uie in bietjie olie in vlak kastrol, sit een med tamatie opgechop by en een tl suiker en 'n knippie of 1/2 tl sout. Sny die wortels in wiele, en sit by terwyl dit kook met deksel, sit bietjie water by soos nodig. Gooi handvol boontjies vars of gevries by. Sny die gewasde patat in wielle met skil aan en sit in kastrol. Roer elke slag deur. Sny die blomkool en brocoli in kleiner huisies en sit by. Prut so 10 minute sonder om die blomkool te sag te kook. Aromat / visspice na smaak. Ons skil net die wortel, nie die patat nie. Jy sal nie die die smaak glo nie. Jy kan 2 toontjies knoffel en halwe greenpepper saam met die uie braai as hul dit eet. Jy kan enige soort vleis hierby maak, as jy wil. En dit gee 'n lekker klompie in volume. Speel rond met wat jy het, maar die amper stirfry effek gee baie smaak.
.

SAPPIGE GROENBOONTJIES
1 pakkie jong groenboontjies
Uie
growwe peper
Pakkie bacon
Sampioensop
Melk

Ek vat altyd n pakkie jong boontjies en braai dit in botter met sout en growwe peper met n halwe ui en n pakkie bacon tot die boontjies amper sag is. Maak dan so halwe pakkie van die sampioensop aan met melk en gooi oor die boontjies. Kook dan tot die sop dik is. Dis heerlik 
Bron: Lindie Welgemoed

No comments:

Post a Comment