Tuesday 16 April 2013

MIELIE GEREGTE










GEBAKTE SUIKERMIELIE GEREG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mielie-geregte.html
1 blikkie suikermielies
1k kaas gerasper
2 eiers goed geklits
Knippie rooipepper
Meng alles saam liggies
Metode:
Plaas in n oonvaste bak en stip met botter
Bak in n matige oond tot gestol. Lekker vinnig. "Helena Kruger" 29/9/10
Lekker resepte vir die jongergeslag



 



MIELIEKOEKIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mielie-geregte.html
Tina De Welzim-Wewege 

Blikkie sweetcorn,
1 koppie self raising meel,
sout,peper en 
1 eier. 

Meng alles saam en braai lepelsvol in vlak olie
Lekker resepte vir die jongergeslag

Mieliekoekies


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mielie-geregte.html
750 ml bevrore of geblikte heelpitmielies
500 ml koekmeel
150 – 200 ml water
10 ml bakpoeier
1 eier, geklits
1 ml paprika
1 ml rooipeper
45 ml grasuie
125 g ontbytspek, bros gebraai
5 ml sout
Kookolie om die koekies in te bak
Metode:
As geblikte mielies gebruik word, dreineer dit. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Voeg nog water of meel by tot die deeg die regte tekstuur het sodat dit lepelsvol in n verhitte pan gebak kan word. Bak die koekies aan weerskante tot gaar. Dien op as ligte maaltyd saam met slaai en/of vars brood.
Landbouweekblad 21 Mei 1999*
Maré Nieuwoudt  Lekker resepte vir die jongergeslag

MIELIEGEREG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mielie-geregte.html
Heerlik by braavleis
1 blik room suikermielies
3 eetl suiker
3 eiers
½ teel sout
2 eetl meelblom
¾ kp melk
1 teel bakpoeier
Margarine
Metode:
Meng die meelblom, sout, bakpoeier en suiker saam. Klits die eiers en voeg die mielies, en melk by. Gooi die mieliemengsel by die meelmengsel en meng baie goed. Sit in gesmeerde oond bak en sit klontjies margarine bo-op. Bak by 180°C vir ongeveer 1 uur, tot toetspen skoon uitkom, en gereg gestol het. Probeer om die gereg gereed te he wanneer jy gaan bedien, want dit lyk soos ‘n soufflé, maar indien nie moontlik nie, verhit in mikrogolf voor bediening vir paar minute. 
Lekker resepte vir die jongergeslag


Mieliegereg


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mielie-geregte.html
Annelise Williamson
2 groot blikke suikermielies
½ koppie suiker (gebruik minder)
½ koppie melk
2 teelepels bakpoeier
2 eetlepels mielieblom (Maizena)
2 eetlepels botter
4 eiers
Metode
Meng suiker en margarine saam
Voeg eiers by en klits goed.
Voeg res van die bestandele by en laaste die melk. (deeg baie loperig)
Gooi in gesmeerde vuurvaste bak
Bak tot goudbruin by 180º C (vir 1 uur)*17/12/12  
Lekker resepte vir die jongergeslag





MIELIEKOEKIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mielie-geregte.html
[RSG]
Uit: Kos is op die tafel! deur Heleen Meyer.
Menige kind is gaande oor ’n mieliekoekie en dis ’n wonderlike ete, bygereg of peuselhappie. Dis vinnig om te maak, so maak sommer dubbel, want dis ’n lekker happie vir ’n kosblik.

BESTANDDELE:                                                                           


1 x 420g blik geroomde suikermielies
140g (250 ml) bruismeel
5 ml bakpoeier
2 eiers
100 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
125ml fyngerasperde Cheddarkaas
45ml olyfolie om te braai

METODE:
Plaas die suikermielies in ’n groot glasbak en sif die droë bestanddele bo-oor.
Roer die eiers en melk by en meng deeglik.
Geur na smaak en roer die kaas by. Dit is ’n redelike loperige beslag.
Verhit ’n braaipan oor matige hitte, voeg 10-15 ml van die olie by en laat dit warm word.
Skep lepelsvol beslag op die bodem en braai tot borrels bo-op vorm.
Draai om en braai tot goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuispapier en hou warm.
Herhaal met die orige beslag en voeg nog olie by soos nodig.
Moenie die koekies te groot maak of te veel olie gebruik nie.
Sit voor as ’n ete met ’n slaai, as peuselhappie of bygereg met worsies, frikkadelle of hoender.
Wenke:
Vervang bruismeel met semelryke bruismeel en voeg ’n bietjie ekstra melk by, indien nodig.
Roer 100ml fyngekapte ham, salami, gaar spek of gedreineerde tuna by beslag.
Roer 30 ml gekapte vars of 5 ml gedroogde gemengde kruie of tiemie by die beslag. . 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mielie-geregte.html




         


Marlene Minderon
 MIELIE FRITTERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mielie-geregte.html
1 1/2 kop koekmeel

10ml bakpoeier
1 teelepel sout
2 eiers
+-1\2 kop melk
growwe swart peper na smaak.
1 blikkie pit mielies.
Meng alles saam en bak in olie tot bruin. 
.



No comments:

Post a Comment