Friday, 26 April 2013

HOENDER IN COKE COLA





Hoender in Coke
Yolande L Fourie
Lewer 4 – 6 porsies


1 kg hoenderstukke (boudjies, vlerkies, dye)
Marinade
60 ml (¼ k) sojasous
60 ml (¼ k) bruinsuiker
30 ml (2 e) bruinasyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
340 ml-blik Coke
roosmaryntakkie of enige ander vars kruie

Metode

1. Meng al die marinade-bestanddele saam. Giet oor hoenderstukke en marineer vir omtrent 1 uur in yskas.
2. Plaas hoender in ’n swaarboomkastrol en kook vir ongeveer 45 minute in die marinade. Draai hoender gereeld om.
3. Skep die meeste van sous af en braai die hoenderstukke in die laaste bietjie marinade tot goudbruin. Sit warm voor met ’n stysel of groente na smaak. #coke hoender 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoender-in-coke-cola.html

No comments:

Post a Comment