Wednesday 3 April 2013

HOENDERSOP VIR VERKOUES



                                                     

Snuif in die neus Hoendersop
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoendersop-vir-verkoues.html

(in geval van dreigende verkoue) My eie resep.

Sop Basis

2 kg hoender nekkies
1 groot stuk vars gemmer
3 skerp rissies
3 knoffel huisies
1 ui gekap of gesny
3 stingels seldery
1 medium wortel geskil en gesny
3 liter water of tot hoendernekkies goed bedek is – soos die water afkook kan daar nog bygevoeg word
Bring alles tot kookpunt en laat prut dan vir ten minste 2-3 ure. Gooi versigtig die vloeistof af en gooi die res weg.
Sop
1 ui gesny
3 skerp rissies (ontpit)
3 knoffel huisies fyn gesny(vars)
1 stuk vars gemmer, geskil en baie dun repies gesny
3 stingels seldery mooi fyn gesny
3 hoender borsies in repies gesny
3 liter sop basis
Braai die uie in ‘n bietjie olyf olie totdat die uie deurskyned is, voeg die hoender repies by in porsies en braai tot ligbruin. Voeg die res van die groente by en dan die sop basis – laat prut tot die hoender stukkies gaar en sag is. Voeg sout by volgens smaak.*Alida Siebert*foto>bluebirdvintage. *

No comments:

Post a Comment