Wednesday 3 April 2013

TEMPURA DEEG




Tempura-deeg


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/tempura-deeg.html
50 g meel
50 g mieliemeel
knippie sout
250 ml sodawater

Doop die groente of seekos in die deeg en diepbraai in olie. Dreineer die gaar tempura op kladpapier en sit voor met gemmer-sojasous of soetrissiesous.* The Private Hotel School.Stellenbosch*






Helena Kruger
TEMPURA DEEG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/tempura-deeg.html

200 g koekmeel
100 g mielieblom
yskoue sodawater
sonneblomolie vir diepbraai
Maak eers die deeg:
Meng die koekmeel en mielieblom met genoeg sodawater tot 'n gladde beslag. Moenie te veel meng nie. Dit moet omtrent so dik soos jogurt wees. .
Doop elke stukkie groente en seekos afsonderlik in die tempuradeeg en bak tot die deeg liggoud van kleur is.
Dreineer op kombuispapier. HELENA 12/10*






TEMPURA GARNALE
(bedien 4)
100 g tempura meel, of 50 g koekmeel gemeng met 50g mieliemeel
200 ml sodawater
2 e swart sesamsade
sout en peper, na smaak
4 garnale, doppe verwyder maar stert heelgroenteolie, vir braai
Meng die tempura-meel (of meelmengsel) met sodawater tot die dikte van 'n pannekoekbeslag. Voeg sesamsade by en geur met sout en peper. Bedek die garnale met 'n bietjie meel, stof die ergste meel af en doop in die deeg. Plaas dadelik in baie warm olie en braai ± 30 sekondes tot goudbruin.*Foto Galleryhip*


TEMPURA DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/tempura-deeg.html
Jenny Schneigansz
.
1 k Meel
1 tlp Bakpoeier
1 eier in n koppie vul koppie op met melk.
Klits als saam met n vurk, laat staan so 30 min.
Gebruik vir vis, vleis of groente.
Diep braai.*


TEMPURA DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/tempura-deeg.htmlMarietjie Van Tonder
Hier is my resep. .
1 koppie koekmeel.
1 koppie maizena.
2 eierwitte
5 ml bakpoeier.
250ml soda water.
Sout en gemaalde swartpeper.
Meng al die bestanddele saam.
Doop jou groente in die mengsel en laat oortollige beslag afdrup.
Maak gaar in matige tot warm olie.

No comments:

Post a Comment