Tuesday 23 April 2013

LAMSBOUD MET GEBRAAIDE AARTAPPELTJIES





LAMSBOUD MET GEBRAAIDE AARTAPPELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamsboud-met-gebraaide-aartappeltjies.html

Maak dit stadig gaar sodat die vleis van die been afval.
•1 lamsboud, op die been
•6 knoffelhuisies •1 roosmaryntak •sowat 100 ml olyfolie •sap van 2 suurlemoene •sout en varsgemaalde swartpeper na smaak •8 - 10 aartappels, geskil •8 mediumgrootte uie Verhit jou oond tot 180 °C. Sny klein kepies in die lamsboud en druk die knoffelhuisies daarin. Bind die roosmaryntak bo-op die boud vas met tou. Gooi ’n bietjie olyfolie in ’n oondroosterbak en plaas die lamsboud daarin. Gooi die suurlemoensap oor en geur met sout en peper. Plaas in die warm oond. Draai die temperatuur ná 1 uur af na 160 °C. Rangskik die groente om die boud en bedruip met vleissous. Rooster verder vir minstens 2½ uur. Draai ná ’n uur die groente versigtig om sodat dit weerskante lekker bruin kan word. Sit voor met groente van jou keuse. Bron: Sarie Kos*

No comments:

Post a Comment