Tuesday 23 April 2013

SAGO POEDING IN MIKROGOLFOOND




… na my mening is dit die heel beste mikrogolf sago poeding.
Dis sponserig en heeeeeeeerlik en niks vooraf geweek nie.

Bestanddele:
2 kop melk
½ kop sago (hoef nie vooraf te week nie)
3 eetl botter
2 eiers geskei
⅓ kop suiker
2 ml vanielje geursel
knypie sout
appelkooskonfyt
kaneel

Metode:
Giet die melk, sago en botter in bak en 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel.
Mikrogolf 2 minute op 100%.
Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in.
Skep die mengsel in 'n glas bak van jou keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor.



MIKROGOLF SAGOPOEDING

1½ koppie sago
3 koppies water
2 koppies melk
½ teelepel sout
1 blik kondensmelk
2 geklitste eiers
1 eetlepel botter
1 teelepel vanieljegeursel
Meng sago, water, melk en sout
Kook vir 3 minute teen 100%
Roer na elke minuut
Kook vir nog 7 tot 8 minute teen 100%
Roer weer elke minuut
Voeg die res van bestandele by
Meng goed
Sit voor met vla en stroop


CHARLAINE WINTERBACH




EENVOUDIGE SAGO POEDING
 (MIKROGOLF)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poeding-in-mikrogolfoond.html

500ml melk
100ml (75gr) Sago
2 eiers
50gr (60ml) witsuiker
2 ml Vanielje geursel
knypie sout
15ml botter or margarine
bietjie gerasperde neutmuskaat
Giet die melk in 'n 2L bak. Voeg die sago by en laat dit vir 'n uur week.
Mikrogolf eers vir 7 minute oop by 100% krag en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiers, witsuiker, vanielje geursel en sout saam.
Roer dit vining by die warm sagomengsel. Skep die mengsel in 'n vlak reghoekige tertbak 24 x 19cm.
Plaas die bak op 'n omgekeerde piering in die mikrogolfoond.
Mikrogolf die mengsel 15 min by 30% krag en roer dit elke 5 min.
Stip die poeding bo-op met botter of margarine en strooi die neutmuskaat oor.
Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 50% krag. Sit dit warm voor.
Bron: Mikrogolf Wenners*Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment