Tuesday 23 April 2013

RYSBALLE PANGEBRAAI




PANGEBRAAIDE RYSBALLE

Lewer 20 balle
Bereiding: 20 minute
Staantyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 30 minute
15 ml (1 e) olie
20 g botter
1 UI, grof gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 selderystingel, grof gekap

250 ml (1 k) risottorys
800 ml groenteaftreksel
100 ml droë witwyn
80 ml meel
1 eier, geklits

125 ml (½ k) gerasperde parmesaankaas

Olie en botter vir vlakbraai

Pietersielie (opsioneel)

Verhit die olie en botter in ’n diep pan en braai die UI, knoffel en selderystingel oor matige hitte tot deurskynend.
Roer die rys by en braai tot aldie ryskorrels met die olie bedek is.

Bring die groenteaftreksel en wyn tot kookpunt in ’n Klein kastrol en verlaag die hitte.
Hou die vloeistof warm terwyl jy die rys gaarmaak.
Skep ’n lepel vloeistof by die rys en roer tot die meeste vloeistof weggekook het.
Herhaal tot die rys gaar is en die meeste van die vloeistof gebruik is. Geur na smaak en laat heeltemal afkoel.
Vorm Klein hapgrootte-rysballe, rol dit in die meel, eier en parmesaankaas, en laat staan sowat 30 minute in die yskas.

Rol die rysballe in die eier en daarna in die parmesaankaas.

Verhit die olie en botter in die pan en braai tot bros.
Garneer met pietersielie en sit voor saam met ‘n doopsous.
WENK: Risotto-rys is klewerig; daarom behou die balle hul vorm.

Bron: Fokus vir Huisgenoot Resepte*Henriette Wessels http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/rysballe-pangebraai.html

No comments:

Post a Comment