Monday 1 April 2013

LEMOEN KOEKE






LEMOENSTROOPKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lemoen-koeke.html
1 koppie botter,
3/4 koppie suurmelk,
2 eiers,
2 e versuikerde lemoenskil,
half koppie gekapte neute,
knypie sout,
1 kop kookwater,
1 kop suiker,
1 teel koeksoda in melk,
1 kop gesnyde dadels,
2 kop meelblom
Metode:
Gooi kookwater oor dadels. Room botter en suiker en voeg eiers een een by. Voeg dadels, lemoenskil en neute by. Meng laastens meel en melk om die beurt by Bak in gesmeerde panne by 375 grade F vir 25-30 min. Haal uit oond en gooi koue stroop oor
STROOP: Meng sap van 2 lemoene, 2 teel gerasperde skil en 1 kop suiker, smelt op lae hitte, verkoel en gooi oor warm koek

LEMOENKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lemoen-koeke.html
125g margarine/botter
250ml suiker
2 eiers geskei
1 lemoen se skil gerasper
1 lemoen se sap
190ml melk
500ml meelblom
15ml bakpoeier
1 ml sout
Metode:
Room die smeer en suiker. Voeg die eiergele, lemoenskil en lemoensap by. Klop dit goed. Voeg die melk by en meng dit goed saam. Sif die droë bestandele saam. Klits die eierwitte styf. Voeg die helfte van die meelmengsel by die eiermengsel, meng, voeg helfte van die eierwitte by, meng. Herhaal met res van meel-,eier-, en eierwitte. Klop baie goed na elke byvoeging. Gooi die mengsel in twee gesmeerde koekpanne en bak vir ongeveer 20 min. by 180°C. *Smulresepte*

Moira Botha Dyer
165ml marg/botter
500ml meel
300ml strooisuiker
15ml bakpoeier
knippie sout
3 groot eiers
100ml melk en
 50ml lemoensap en gerasperde skil van 1 lemoen.
METODE:
 verhit oond by 180g.
 Smeer koekpanne.
 Plaas marg/botter in a mengbak en sif droe best bo-oor margarien.
 Voeg eiers, melk, water, lemoensap en skil by.
 Klits vir 3 min totdat deeg romerig is.
 Skep deeg in panne en bak 25 tot 30 min of tot gaar.
 VERSIERSEL:
165ml marg –
 400 ml versiersuiker en
 20ml lemoensap.
 Room baie goed en versier koeke wanneer koud.



Louise Vorster

LEMOENKOEK:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lemoen-koeke.html
3 eiers, goed geklits
1 k suiker
1½ k meel
1½ t bakpoeier
sout
180ml melk
3 e margarien
Voeg suiker by eiers, klits goed. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by. Meng. Bring melk en margarien tot kookpunt. Roer kokende mengsel in vorige mengsel. Gooi in bak en bak by 180ºC vir 20 ‑ 30 min. Laat bietjie afkoel. Prik met vurk, en gooi sous oor:
Sous:
1½ k suiker
1 k water
2‑3 e margarien
Kook vir 5 minute saam. Haal af en voeg 2 ‑ 3 e lemoenskil en 1 k lemoensap by.
Gooi sous oor koek


Johanna Bouwer
 Hierdie is die heerlikste

LEMOENKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lemoen-koeke.html
 Heerlik lig.
4 groot eiers (geskei)
1en 1/2 koppie suiker
1 eetlepel zest (skil) van lemoen
250 ml sap van lemoen
125ml kookolie
2 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
Gooi suiker en zest in mengbak. Meng eiergele met suiker. Gooi lemoensap en olie by suiker mengsel en meng deur. Sif meel en bakpoeier in vloeistof en meng goed. Klits eierwitte tot sagte punte. Vou liggies in deegmengsel. Gooi in gesmeerde pannetjies en bak vir 20 min by 180.
Smeer appelkoos konfyt tussen lae. Versier met botter versiersel (meng 1 eetlepel zest in botterversiersel)

No comments:

Post a Comment