Wednesday, 24 April 2013

MASH / KAPOKAARTAPPELS


Johan Duvenhage

 CHEDDAR MASH
As jou aartappels sag is, plaas dit in 'n menger ( nie blender nie), saam met
5e botter, 
1k warm melk, 
4e suurroom en 
gaar bacon (as jy wil).

METODE
Meng nou alles lekker deur en skep uit in 'n oonvaste bak. Raspet nou parmesaan oor, gegeurede broodkrummels, 3 e botter en dan cheddar kaas. Bak nou vir so 15min teen 180 grade ( laaste 5 min sit jy die grill aan om dit lekker bruin te braai. Dis uitstekend
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mash-kapokaartappels.html


KAPOKAARTAPPELS 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mash-kapokaartappels.html 


Dit lyk regtig lekker
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
 

Gaarmaaktyd: 30 min 

6 repe streepspek 
500 g jong aartappels, gehalveer 
250 ml (1 k) dikroom 
Sout en peper na smaak 
60 ml (¼ k) grasuie 
125 ml (½ k) cheddarkaas 

Voorverhit die oond tot 180 C. Rangskik die spekvleis op ’n bakplaat en bak vir 12 minute of tot bros. Sit die aartappels in ’n middelslag-pot en bedek met soutwater. Laat prut vir 15 minute of tot sag. Dreineer en maak die aartappels fyn terwyl jy die room byvoeg en dit met sout en peper geur. Roer die grasuie, kaas en gekapte spekvleis by. 
Bron: Huisgenoot Resepte 
Plasing: Henriette Wessels 

LOADED MASHED POTATOES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mash-kapokaartappels.html 

6 cups prepared mashed potatoes with butter and milk
1 cup sour cream
 

1 envelope ranch dressing mix, unprepared 
2 cups shredded cheddar cheese, divided ''
6 slices cooked bacon, chopped 
6 green onions, thinly sliced (optional) 

Preheat oven to 350 degrees. In a large bowl, combine mashed potatoes, sour cream, ranch dressing mix, 1 cup cheese, bacon and onions. Spread into large casserole dish. Bake for 25 minutes or until heated. Remove from oven and sprinkle top with remaining 1 cup of cheese. Return to oven and bake for an additional 5 minutes, or until cheese on top is melted. Garnish if desired with extra bacon and green onions.
Bron: Welcome Home*Henriette Wessels



Sampioen-kapokaartappels
Perfekte bykos met ekstra geur van sampioene by.
genoeg vir 6
FOTO SARIE KOS


8 middelslag-aartappels                   
250 ml room, louwarm
55 g (60 ml) botter
45 ml olyfolie
250 g bruin sampioene, grofgekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Skil aartappels en sny in groot blokke. Plaas in groot pot met water en kook tot sag en gaar. Dreineer en voeg room en botter by. Maak goed fyn met aartappeldrukker tot mengsel roomsag is. Verhit olie in pan en braai sampioene vir 5 – 8 minute of tot gaar. Voeg by aartappels en meng. Geur goed met sout en peper.
Bron: Sarie deur Herman Lensing

Geplaas deur: Dalene Brits

No comments:

Post a Comment