Wednesday, 24 April 2013

TUNA EN GROENTE SPAGHETTI




TUNA EN GROENTE SPAGHETTI

Henriette Wessels
Hier is 'n lekker eenskottel gereg veral vir dol Maandae!
1 Pak spaghetti (of ander lintnoedels)
10 ml olie
10 ml botter
2 uie, grof gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 blikke (170 g elk) tuna, goed gedreineer
250 ml – 500 ml gemengde groente
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Skeut vars suurlemoensap
6 ekstragroot eiers
125 ml room
30 ml mayonnaise
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n koekpan van 22 cm goed met olie.
Kook spaghetti in ’n pot vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm.
Terwyl pasta kook, verhit olie en botter en braai uie en knoffel daarin tot sag.
Voeg tuna en groente by en braai tot groente gaar is.
Geur na smaak met sout, peper en suurlemoensap.
Skep pastamengsel in voorbereide pan.
Klits eiers, room en mayonnaise saam en giet oor pasta.
Bak vir sowat 30 minute, of tot goudbruin en ferm.
Laat vir ’n paar minute in pan afkoel voor dit uitgekeer word.
Sit oor met ’n groen slaai. Lewer 6 porsies.
Bron: ARINA DU PLESSIS vir LANDBOUWEEKBLAD


No comments:

Post a Comment