BEESSTERT IN
OOND
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/oxtail-beesstert-geregte.html
*Eie Resep*
1.5kg Beessterte [Sprinkel met BBQ Speserye]
6 groot aartappels
1 groot ui [ringe gesny]
4 wortels
1k sampioene
1/2k rooiwyn
1 pakkie tamatie pasta
1/2k Sweet-Chillie sous
1 en 1/2k Beefaftreksel of Hoender
3e Worcestersous
Metode:
Braai vleis in swaarboomkastrol[seel dit net]
Skep uit en hou eers eenkant. Plaas uie onder in jou braaipan[of oondpan] gevolg deur jou aartappels, wortels, sampioene. Meng nou die rooiwyn, tamatiepasta, chilli sou,aftreksel en die worcestersous. gooi alles bo-oor en plaas in die oond[ oornag op 100*C] of by 160*C vir so 3h.Na 2h kan jy net kyk of daar genoeg vloeistof [sous] in is anders voeg net n bietjie water dan by.N.S jou aartappels is heerlik bruin, bedien lekker stampkoring en soetpamoen en ja so n beetslaaitjie gaan baie lekker saam... Helena Kruger

HIER HET EK LEKKER BEESSTERT GEKOOK BO-OP DIE STOOF VIR SO 3URE
EN N HALWE KOPPIE ROOIWYN BYGEVOEG..21/09/2015..Helena Kruger
EN N HALWE KOPPIE ROOIWYN BYGEVOEG..21/09/2015..Helena Kruger
Was Heerlik met Stowe Wortels, Spinasie, Kool met Neut, Rys met die pot se lekker sous, en Klein pampoentjie vir my soettand
Foto Helena Kruger >12/10/2015
***********************************************************************************
BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/oxtail-beesstert-geregte.html
1 kg beesstert
2 E olyfolie
100 gr wortel, blokkies gesny
50 gr uie , blokkies gesny
50 gr seldery, gekap
2 kop rooiwyn
1 kop port
1 kop sterk swart filterkoffie
6 kop beesvleisaftreksel
Sout en peper
1 elk lourierblaar,tiemie,pietersielie takkies of bouquet garni.
Metode:
Verbruin vleis in olie, haal dan uit en verbruin wortels , uie en seldery. Gooi rooiwyn in pot en kook vinnig vir 10 minute. Voeg dan aftreksel,koffie, port en beesstert by. Geur met sout, peper, en kruie. Verlaag temperatuur en kook stadig vir 4-5 ure tot sag en van bene afval. Bedien met kapokaartappels. Heerlik verby Carol Elliott Claassen .
SMULLEKKER
BEESSTERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/oxtail-beesstert-geregte.html
1,25kg beesstert
4 - 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel
Omtrent 250ml water
15ml margarien
10ml kerriepoeier
3ml sout & peper na smaak
60ml asyn
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning
Om die sous te maak
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in ’n bak en hou eenkant tot benodig.
Gaarmaak
Braai beestert en uie in margarine tot bruin.
Voeg water by en drukkook vir omtrent een uur
Voeg aartappel en wortels by vleis .Voeg sous by vleis Drukkook 15min..Haal deksel af en prut nog 20min.sous sal dan dik en bruim wees Resep van een van ons KOSMATER!!.
BEESSTERT IN BIER http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/oxtail-beesstert-geregte.html
1,25kg beesstert
4 - 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel
Omtrent 250ml water
15ml margarien
10ml kerriepoeier
3ml sout & peper na smaak
60ml asyn
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning
Om die sous te maak
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in ’n bak en hou eenkant tot benodig.
Gaarmaak
Braai beestert en uie in margarine tot bruin.
Voeg water by en drukkook vir omtrent een uur
Voeg aartappel en wortels by vleis .Voeg sous by vleis Drukkook 15min..Haal deksel af en prut nog 20min.sous sal dan dik en bruim wees Resep van een van ons KOSMATER!!.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/oxtail-beesstert-geregte.html
1,5 kg beesstert, in stukke gesaag
Sout en vars gemaalde swartpeper
Olie en botter om in te braai
2 groot uie, in ringe gesny
500 g wortels. Skoongeskraap en in stukke gesny
2 ml (1/2t) droë tiemie
2 mil (1/2t) droë salie
60 ml (1/4k) koekmeelblom
1 blik (340ml) bier
500ml (2k) beesvleisaftreksel
METODE:
Voorverhit die oond tot 160°C (350°F). Bespuit n groot oondbak met kleefwerende kossproei.
Geur die beesstert met sout en peper en braai in verhitte olie en botter tot bruin. Skep in die voorbereide oondbak.
Sorteer die ui en wortels tot glansig en geur met die tiemie en salie. Strooi die koekmeelblom oor en meng goed tot sonder klonte. Giet die bier en beesvleisaftreksel by en verhit terwyl gedurig geroer word totdat die mengsel kook. Giet oor die skenkels en bedek. Bak 1 ½ tot 2 uur lank of tot vleis sag is en maklik van die bene af kom.
Dien op saam met stampkoring.
Genoeg vir 6 mense. Maré Nieuwoudt
STOWE BEESSTERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/oxtail-beesstert-geregte.html
2 beessterte, in 1cm lengtes gesny en oortollige vet verwyder
1 k meel, gegeur met speserye van jou keuse
45 ml olie
225 g uie, gekap
340 g wortels, geskil en in ringe gesny
200 ml beesvleisaftreksel
150 ml rooiwyn
1 blikkie (350ml) kola-koeldrank
½ t suiker
sout en varsgemaalde peper, na smaak
sap van halwe suurlemoen
1 t tamatiepasta
1 t gekapte tiemie
2 t pietersielie, gekap
Voorverhit oond by 150 °C.
Rol die beesstert in die meel om te bedek. Verhit olie in in 'n pan en braai tot bruin. Verwyder uit pan en braai die uie en wortels in dieselfde pan. Voeg die vleisaftreksel, wyn en kola-koeldrank by en dan die suiker, sout en peper, suurlemoensap en tamatiepasta. Bring tot kookpunt, plaas die beessterte in die mengsel en prut 'n paar minute. Skep die vleis en groente in 'n oondbestande houer en sprinkel tiemie en pietersielie oor. Bedek met twee lae foelie en plaas 2 ure in die oond totdat die vleis van die been afval Hannah Frauendorf Langenhoven.
Johan se Bees stert
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/oxtail-beesstert-geregte.html
Braai n groot opgekapte ui in die kastrol met n eetlepel olie, rol jou bees stert eers in bietjie meel gemeng met sout en witpeper, voeg dan die bees stert by die uie en braai bietjie saam net tot dit effe bruin is.Voeg dan n kwart bottel lekker soet rooi wyn by en n lekker hand vol seldery! Sit die druk koker se deksel op en kook vir 40 min...haal deksel af en voeg 2 tot 3 aartappels en wortels by. Sit deksel terug en kook 8 minute tot aartappels lekker sag is ' o ja voor ek vergeet gooi n blokkie hoender aftreksel by vir soutigheid maak sous dikker met Bisto 'instant brown onion gravy! Yummy!!! Johan Pieterse .
Beesstert in
Stoompot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/oxtail-beesstert-geregte.html
1kg Beesstert
sout en peper
1 ui in stukke
4 groot aartappels [jy kan wortels ook bysit]
2k water+-
30ml asyn
2t suiker
2e Mielieblom
Kook Beesstert met uie,sout en peper, water en asyn,suiker vir 20-30min.in stoompot
Maak oop en plaas aartappels bo-op**sluit weer
Kook 10min.*maak oop en maak jou sousie dikker met jou mielieblom**Whalla**
Plain geen feterjassies nie***Baie, Baie Lekker saam met stampmielies..15/3/12 Helena Kruger .

OUMA SE LEKKER
BEESSTERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/oxtail-beesstert-geregte.html
12,5 ml margarien
12,5 ml olie
1,5 kg beesstert, in skywe gesny
koekmeel
4 groot uie, in skywe gesny
2 repe ontbytspek, gekap
30 ml suiker
2 ml mosterdpoeier
10 ml sout of na smaak
5 ml vars gemaalde swartpeper
45 ml tamatiepasta
350 ml goeie droë rooi wyn
1 lourierblaar
10 klein jong worteltjies
300 g knopiesampioene
2,5 ml gekapte vars pietersielie
Verhit margarien en olie saam in swartpot. Rol beesstertskywe in koekmeel en braai liggies in warm olie en margarien. Wees versigtig, die meel moenie verbruin nie.
Voeg uie en spek by en braai tot uie deurskynend is. Voeg die knoffel en suiker by, roer goed deur en braai tot uie goudbruin is. Meng die mosterdpoeier, sout, swartpeper, tamatiepasta en rooi wyn en gooi oor vleis. Voeg lourierblaar en wortels by. Plaas deksel op en prut ongeveer 4-5 ure oor lae hitte totdat vleis sag is.
Voeg sampioene 20 min voor einde van kooktyd by. Besprinkel vleis met vars gekapte pietersielie.
Lewer 6 porsies.
Sit voor met rys, mengelslaai of gestoofde droëvrugte. Jecinta Pietersen .

No comments:
Post a Comment