Friday, 19 April 2013

TIENER VINNIGE MAALTYE



TIENER-VINNIGE MAALTYE

BRIE-KAASHAPPIES:
Marineer 5 blokkies Brie-kaas (2cm) in 12.5ml suurlemoensap,
35ml olyfolie,
1/2gekneusde knoffelhuisie( geur met smaak van keuse) vir 24uur.
Rol 125g blaardeeg dun uit.
Sny 10sirkels(5cm) uit.
Plaas blokkies kaas op 5sirkels &plaas res van sirkels bo-op& seel.Diepbraai 2-3min.Dien op met 'n slaai.


SPESIALE TOEBROODJIE:
 Neem 3 snye brood(korsies verwyder
plaas ham &60g gerasperde kaas tussen lae.
Druk saam.Doop nou in geklitste eier gemeng met 20ml melk.Braai in botter 2-3min, draai net 1keer om en braai anderkant selfde tot bros&goudbruin.


VARKVLEISPASTEI:
Braai 125g varkvleisblokkies in bietjie olie.
Voeg 75ml appelsap&75ml aftreksel by.
Geur na smaak.
Sit in kasserolbakkie.
 Bedek met 'n appel in skywe gesny en 125g dun uitgerolde blaardeeg.
Seel randjie goed,smeer met melk en bak teen 190g vir 30min tot gerys en goudbruin is.*



HOENDERVLEIS

Kook 125g gekapte hoendervleis in 150ml hoendervleisaftreksel & 25ml sjerrie vir 10-15min.
Verwyder vleis&klop dan 15g meel &15ml botter in aftreksel.
Verhit totdat verdik.
Voeg vleis,50g knoppiessampioene(gekerf) &25ml room by.
Geur na smaak.Verhit &dien op in groot,gaar vol-au-vents.*Moira Botha Dyer*19/4/13

No comments:

Post a Comment