Friday, 19 April 2013

SOETKOEKIES

                                                                                                 



SOETKOEKIES

OUMA SE MOPPIES
7 koppies meel
3 koppies suiker
4 eiers
340g botter, sag
2½ teelepels bakpoeier
knypie sout
klein bietjie vanieljegeursel

METODE
Meng botter en suiker goed.
Klits eiers en voeg by.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. (Dit moet 'n stywe deeg vorm)
Neem 'n kwart van die deeg en maak 'n deegrol.
Sny dit in wielietjies van 8mm. (Doop mes in meel sodat dit maklik sny)
Plaas op 'n bakplaat en bak vir 9 minute teen 220°C
Die koekies moet ligbruin wees.
Bron: RSG Resepte*Henriette Wessels
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/soetkoekies.html


SOETKOEKIES

INGREDIENTS
10 cups - 2500ml Flour
4 cups - 1000ml coconut
4 cups - 1000ml cups sugar
12 eggs
12 teaspoons - 60ml teaspoons baking powder
4 teaspoons - 60ml teaspoons vanilla essence
225 grams - 225gr grams butter
pinch of salt


METHOD
1 Bake in oven at 180° till it is golden brown.
2 Mix all dry ingredients together.
3 Rub butter into the flour mix. Better if the butter is soft or grated.
4 Mix eggs together and add to flour.
5 Make a stiff dough.
6 Roll dough out and press out with cookie cutter. Charmian Laurent http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/soetkoekies.html


Pamela van Wyk

OUTYDSE SOETKOEKIES 

10 koppies meel
4 koppies suiker
500g margarien
6 eiers
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
½ koppie lou water


Sif alle droë bestanddele saam. Klits botter en suiker vir ongeveer 10 minute tot room, en voeg eier een vir een by. Klits goed. Voeg droë bestanddele by die suiker, margarien en eier mengsel. As deeg 'n bietjie styf is voeg 'n kwart tot 'n halwe koppie lou water by en meng deur. Laat deeg vir ongeveer een uur staan. Rol uit op meel bestrooide oppervlakte en druk uit. Pak in gesmeerde bakplate. Bak teen 180°C vir 10 minute of tot ligbruin. Jongergeslag 15/6/10 


Helena Kruger

BOERE SOETKOEKIES 

15 Koppies meel
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien


Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by, meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met drukkertjies. Bak in oond 200°C tot ligbruin "Pieter" 6/11/10.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/soetkoekies.html 


OUTYDSE SOETKOEKIES:

6k meel;
2 ½  k suiker;
250g margarien;
4 eiers;
1t kremetart;
1t koeksoda;
1t sout;
1t naeltjies;
1t kaneel;
1t gemmer;
½ k water.

Sif droe bestanddele saam. Voeg suiker by. Meng deur. Vryf margarien in. Voeg eier by. Voeg water by en meng tot 'n uitrolbare deeg. Druk 3mm dik koekies uit. Bak 10 - 15 minutes by 200 grade.

Geplaas deur:  Ronell Visser Gouws http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/soetkoekies.html  


Thelma Nieuwenhuis
REGTE OUTYDSE SOETKOEKIES
250g margarien by kamertemperatuur. 
750ml suiker. 
6 x 250ml ongesifte koekmeel. 
30ml bakpoeier. 
2ml sout. 
10ml gemaalde neutmuskaat.
5groot eiers. 

Verhit oond tot 200 grade C. Verroom botter,suiker en eiers saam. Sif meelblom, bakpoeier,neutmuskaat en sout saam. Meng gesifte bestanddele met bottermengsel tot n taamlike sagte deeg. Bedek en laat n halfuur rus. Smeer bakplaat effens. 
Rol deeg dun uit op n meel bestrooide oppervlak. Druk af in vormpies of sirkels. Pak op bakplaat. 
Meng n geklitste eier met 25ml melk en verf liggies oor koekies. Strooi bietjie suiker oor.
Bak 8 tot 10 minute tot ligbruin. Laat effens afkoel en plaas op afkoelrak tot heeltemal koud. Bere in lugdigte houer.


sagte deeg. Bedek en laat n halfuur rus. Smeer bakplaat effens. Rol deeg dun uit op n meel bestrooide oppervlak. Druk af in vormpies of sirkels. Pak op bakplaat. Meng n geklitste eier met 25ml melk en verf liggies oor koekies. Strooi bietjie suiker oor. Bak 8 tot 10 minute tot ligbruin. Laat effens afkoel en plaas op afkoelrak tot heeltemal koud. Bere in lugdigte houer.

No comments:

Post a Comment