Saturday 6 April 2013

PASTA EN MAALVLEIS GEREGTE



                                                            >  http://kitchenseasons.com<


Liezl Brandt
Maalvleis-en-Pasta gereg

(genoeg vir 4-5 volwassenes)
250g Spaghetti in kort stokkies gebreek
750g Maalvleis
1 blik Tamatie/Ui mix
1/2k Blatjang
1/2k Tamatiesous
2Eetl Suiker
1Eetl Worchester sous
Gemengde speserye (1/2t van elk: cloves, coriander, steak and chops spic, nutmeg or cinnamon)
Kook die spaghetti stukkies tot net gaar en dreineer.
Braai nou die maalvleis tot net gaar en geur met gemengde speserye.
Meng die blatjang, tamatiesous, suiker en worchester sous en voeg by die vleis mengsel.
Roer deur.
Voeg nou die blik tamatie/ui mix en spaghetti by.
Meng weer deur.
Indien water kort om 'n meer loperige sousie te kry, voeg gerus by maar nie te veel nie.
Siedaar! Kossies is reg om bedien te word met 'n lekker groenslaai en vars broodrolle.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/pasta-en-maalvleis-geregte.html

VARIASIE:
Bedien in 'n uitgeholde broodrolletjie - kinders geniet dit baie!!
Vir 'n oondgereg - maak sous dubbel aan vir die gereg.
Giet die maalvleis mengsel in 'n oondvaste bak - bedek met kaas en bak in oond vir
30min.
Gemengde groente kan ook in die gereg gesit word om die gereg te rek.
Mengsel kan ook gebruik vir as basis vir 'n herderspastei. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/pasta-en-maalvleis-geregte.html 


MAKLIKE PASTA EN MAALVLEIS AANDETE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/pasta-en-maalvleis-geregte.html 
Genoeg vir 6 mense
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute                                  


30 ml (2 e) olie
6 repe spekvleis, gekap
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
500 g beesmaalvleis
2 wortels, gerasper
60 ml (¼ k) blatjang
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
1 blik (410 g) gekapte tamaties
3 lourierblare
4 takkies tiemie
12 songedroogde tamaties
sout en vars gemaalde swartpeper
500 g pasta
’n hand vol basilie, geskeur

1 Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die spekvleis tot gaar. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag.
2 Verhoog die hitte, voeg die maalvleis by en braai terwyl jy enige klonte opbreek. Voeg die wortels en blatjang by.
3 Giet die aftreksel by en verminder die hitte tot matig. Roer die tamaties, lourierblare, tiemie en songedroogde tamaties in en laat prut 10 minute of tot die aftreksel verminder het. Geur met die sout en peper.
4 Kook die pasta volgens die aanwysing op die verpakking tot net gaar. Dreineer en vou versigtig by die maalvleismengsel in.
5 Sit voor met die basilie bo-oor gestrooi.
Bron: - Hope Malau/HUISGENOOT.

KIDS BOLOGNESE SAUCE                                    




Ingredients
1/2 onion, finely chopped
1 stick celery, finely sliced
1 carrot, finely chopped
1 clove garlic, finely chopped
2 tablespoons olive oil
400g beef mince
4 rashers streaky bacon
2 teaspoons flour
salt and freshly ground black pepper
1 cup tomato juice
400g tin tomatoes in juice
1 tablespoon tomato paste
1 sprig thyme
1 bay leaf
Method

Cook onion, celery, carrot and garlic in olive oil until softened. Add mince and bacon and fry until meat browns and breaks up into small lumps. Sprinkle in flour, stir to combine and add salt and freshly ground black pepper. Add 1 cup water, tomato juice, tomatoes, tomato paste and thyme. Bring to the boil and then simmer for 1 hour.
Add a little extra water if needed 

No comments:

Post a Comment