Wednesday 3 April 2013

SAGO POEDINGS





GEBAKTE SAGO POEDING


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html

1 Liter Melk

250ml Sago
1ml sout

75ml Suiker

75ml botter
4 eiers
5ml vanielje geursel
Gerasperde kaneel
75ml appelkooskonfyt

Verhit die melk tot kookpunt, roer die sago en sout by en kook oor baie lae hitte tot die sago deursigtig is.
Roer die suiker en botter by en haal van die hitte af
Klits die eiers en vanieljegeursel saam en roer by die sago mengsel in
Gooi in vuurvaste skottel en strooi kaneel oor
Plaas in die glasbak in 'n oondpan met water en bak 45 min tot ligbruin en gestol by 160 grade C

Dien op met appelkooskonfyt (ek sit my konfyt net so 20 sekondes in die mikrogolf dit smeer makliker) Bedien met roomys of vla!
Bron: Huisgenoot Resepte
Plasing en foto: Henriette Wessels












Cordelia Carelse
Sago poeding. Helena Kruger se resep gebruik












Helena Kruger
SAGOPOEDING

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
Helena
6 eiers
6 k melk
1 k suiker
2 k sago
Metode:
Kook melk,suiker en sago tot sago glaserig is. Klits eiers en roer by melkmengsel. Kook tot dik pap.Pasop dat dit nie brand nie roer aanmekaar. Gooi uit in oondbak Bak 60 min by 180*C
Sodra uit oond kom smeer appelkoos konfyt lekker dik oor. Helena .


GEKOOKTE SAGOPOEDING

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
SAGO
* Kook saam:
4 k Melk
3 eetl Margarien
1 k Suiker

* Voeg by: 3 Eiergele
1 k Sago (Voorafgeweek)
* Klop tot styf:
3 Eierwitte, Sout en Vanilla
Voeg by sagomengsel, kook en roer tot dik.
Strooi kaneel oor.

Sous
150 ml Ideal melk
8 desl Bruinsuiker
2 eetl Margarien
Kook saam tot suiker opgelos en bedien saam of meng.




















Ongebakte Sago Poeding


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html


*My Verweking Helena*
Helena Kruger
1 k Sago (oornag geweek)
Spoel uit in vergiettes [2x]
1 k suiker
3-4 k melk
4 e botter
1 t vanielje geursel
Knippie sout
Pypkaneel
Appelkoos konfyt
Verhit melk en botter in kastrol,
Gooi sago en suiker in kookmelk-mengsel in kastrol.
Kook tot dikkerige pap en sago blink raak, roer gereeld [10-15min op lae hitte] Haal af van die stoof.
Roer vanielje by, gooi in opdien bak.
Strooi kaneel oor, sit konfyt bo-op in klontjies of smelt n bietjie in mikrogolf en smeer oor.
Warm of koud ewe lekker saam met Stroop, Vla of Roomys.*16/6/13*Helena Kruger* .


   



Hier het ek Dieselfde SAGO POEDING gemaak met net 30ml Kakao by*>>Helena Kruger 29/6/13

MET APPELKOOS KONFYT EN VLA**
 



Lidia Theron                                                                  


Ek dink nie ek het al vir julle vertel van my oorlede skoonma se heerlike sagopoeding nie.
Hierdie is dus 'n familieresep en ek deel dit graag met julle. Ek haal nooit, maar nooit dinge uit my resepte of verswyg dinge nie. Hierdie is dus die ware jakob.




OUMA THERON SE SAGOPOEDING



http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
500 ml melk
60 ml sago
2 eiers
5 ml vanilla
60 ml suiker
2 ml sout
appelkoos konfyt
• Week sago tenminste 2 uur lank in die melk (oornag is beter).
• Bring in die mikrogolfoond, op hoog tot kookpunt en roer elke 3-5 minute.
• Meng eiergele, geursel, sout en die helfte van die suiker.
• Roer dit geleidelik by die warm mengsel in en mikrogolf verder totdat dit net begin verdik. Moet dit nie té lank mikrogolf nie, anders sal dit skif. Dit moet nog slapperig wees.
• Gooi in ‘n gesmeerde, vuurvaste bak.
• Skep teelepelsvol konfyt in die mengsel.
• Klop eierwitte totdat dit sagte punte vorm en klop die res van die suiker geleidelik by.
• Smeer meringue oor en bak @ 180ºC totdat die meringue liggies verbruin het..


Berie Smith
SAGO DADELPOEDING

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
[BESTE RESEPTE]
3 eiers
2 kop meel
1 e botter
½lb dadels
4 e sago
½ kop suiker


METODE:
Kook die melk, sago, botter en suiker saam totdat die sago deurskynend is. Laat mengsel afkoel. Klits eiers en voeg dit by. Ontpit en snipper dadels en voeg dit by die mengsel. Skep dit in 'n gesmeerde vuurvaste glasskottel en bak dit 20 - 30 minute lank in matige oond 180 grade C totdat eiers gaar is.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html

SJOKOLADE SAGOPOEDING 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
625ml melk
30ml kakao
2,5ml sout
190ml sago geweek
2 eier geskei
190ml suiker
30ml botter
2,5ml vanilla
Metode:
Voorverhit oond tot 180°C. Week sago vir 2 ure in water. Gooi water af. Bring melk, kakao en sout tot kookpunt. Voeg sago by melk en prut oor lae hitte tot sago sag en deurskynend is. Klits eiergele en suiker saam en voeg by sago terwyl vinnig geklis word, en prut vir nog 3 min. Verwyder van hitte. Roer botter en vanilla by. Klits eierwitte styf en vou by mengsel in. Skep sago in gesmeerde oondbak of in individuele bakkies. Bak vir 25min of tot gestol. Sit saam met geklitste room en vars bessies voor
.


SUPER SAGOPOEDING.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
180 ml. sago.
250 ml. ( 1 kop.) volroommelk.
250 ml. ( 1 kop.) room.
knippie sout.
1 blik kondensmelk.
3 ml. ( ruim 1/2 tl.) bakpoeier.
3 ekstra-groot eiers, geskei.
80 ml. ( 1/3 kop.) sagte bruinsuiker.
7 ml. ( 1 1/2 tl.) fyn kaneel.
Metode:
Voorverhit oond tot 200 Grade C en smeer oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Verhit sago, melk, room en sout oor lae hitte tot kookpunt. Laat ongeveer 30 minute baie liggies prut, roer gereeld. Verwyder van hitte, laat effens afkoel en voeg kondensmelk, bakpoeier en eiergele by. Meng goed. Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak ongeveer 20 tot 30 minute tot opgepof en
goudbruin. Geniet met vla. Genoeg vir 4 mense.* Carol Elliott Claassen
.



SAGO POEDING

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
2 koppies sago (500 ml)

2 l melk
knypie sout
250 g margarien
4 eetlepels mielieblom (60 ml)
2 koppies suiker (500 ml)
appelkooskonfyt
Metode:
Week sago in melk vir 12 uur. Kook melk, sago en margarien saam. Meng mielieblom met 'n bietjie melk en voeg saam met suiker by die mengsel. Roer en kook tot dik. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180ºC. Versier met appelkooskonfyt en kaneel voor opdiening. Dien op met vla of room. .

PIESANG SAGO POEDING


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
2 eetlepels sago

1 eetlepel botter
2 koppies melk
2 eetlepels suiker
2 eiers, wit en geel apart
500ml fyn piesangs
Metode:
Kook die sago in die melk tot dit gaar is en voeg die botter en suiker by. Voeg die geklitste eiergele by en laat afkoel. Voeg die piesangs by en meng goed. Klop die eierwitte styf en voeg by. Bedien koud..

GEBAKTE SAGOPOEDING:


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
750ml melk

125ml sago
15ml margarien
knypie sout
75ml witsuiker
50ml gouestroop
6 ekstra-groot eiers
Metode:
Verhit die melk, sago, margarien en sout in ‘n dikboomkastrol tot kookpunt. Stel die hitte laer en prut die mengsel totdat die sago deurskynend is. Roer gereeld. Voorverhit die oond tot 200C en plaas ‘n pan met kookwater op die onderste oondrak. Smeer ‘n oondvaste bak van 25x15x5 cm. Klits die witsuiker, gouestroop en eiers goed saam. Voeg dit by die sagomengsel en meng goed. Giet die mengsel in die bak. Bak die poeding 25-30 minute tot goudbruin en gaar. Sit dit louwarm voor met vla .


SAGO POEDING


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html
2 koppies sago (500 ml)

2 l melk
knypie sout
250 g margarien
4 eetlepels mielieblom (60 ml)
2 koppies suiker (500 ml)
appelkooskonfyt
Metode:
Week sago in melk vir 12 uur. Kook melk, sago en margarien saam. Meng mielieblom met 'n bietjie melk en voeg saam met suiker by die mengsel. Roer en kook tot dik. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180ºC. Versier met appelkooskonfyt en kaneel voor opdiening. Dien op ♥ Benhet Nieuwenhuis .



Annemarie se ongebakte sago poeding


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sago-poedings.html

Bestanddele
1 koppie sago (oornag geweek) - Spoel uit in vergiettes
3 eiergele (hou eierwitte eenkant)
1 koppie suiker
3 koppies melk
1 eetl botter
1 teelepel vanielje geursel
pypkaneel
appelkoos konfyt

Metode
Meng sago, suiker en eiergele. Verhit melk en botter in kastrol, gooi by sago mengsel. Gooi terug in kastrol, kook tot dikkerige pap. Haal af van die stoof, vou styf geklitste eierwitte by. Roer vanielje by, gooi in opdien bak. Strooi kaneel oor, sit konfyt bo-op in klontjies. .



Sonja van Wyk
KONDENSMELK SAGOPOEDING
1 koppie sago,
1/2 teelepel sout,
1teelepel vanilla,
3 eiers geskei (wit styf geklits)
1 blik kondensmelk.

Laat week sago vir 1 uur in 2 koppies water en kook stadig terwyl jy gereeld roer tot deurskynend met sout. Haal af van stoof en roer vanilla en geklitste eiergele by, daarna die
kondensmelk en wanneer alles goed gemeng is, vou die eierwitte in en sit in yskas.

Die lekkerte van die resepte is dat mens dit nie hoef te bak nie.....

.

No comments:

Post a Comment