Thursday 18 April 2013

SCHNITZEL



GEKRUMMELDE SCHNITZEL:


4 dun beesvleissteaks (of hoenderborsies)
1 koppie broodkrummels
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
1 eetlepel droë tiemie
1 teelepel sout
½ teelepel peper
1 eier, geklits
olie vir braai
Kap die vleis met ’n hamer of die kant van ’n piering dunner (of rol dit met ’n koekroller).
Meng die broodkrummels op ’n bord met die suurlemoenskil, tiemie, sout en peper. Doop die vleis eers in die gekliste eier en dan in die krummels. Al twee kante moet goed vol krummels wees.
Los die schnitzels vir minstens ’n halfuur in die yskas sodat die krummels lekker kan vasklou.
Verhit ’n dun lagie olie in ’n pan en braai die schnitzels vir ongeveer 2 minute aan elke kant tot goudbruin.*Aletta Lintvelt* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/schnitzel.html

WENKE VAN KOSMATERS:

Maretha Niemand Prins:
Laat jou vel en beenlose hoender ten minste so 2 ure in karringmelk lê. Doop dan in jou gegeurde meel en weer in die karringmelk en weer inni meel. Bak so 2min op n kant. Ek maak dit 1x maal n week heerlik doeksag...
Kotie Sterley:
Ontbeen H borsies. Ek klits 2 eiers in bord. Genoeg vir 3 borsies(4 persone). Kap H borsie met steak hammer met dik plasiek bo op vleis. Klaar gekap. Spes. Druk H alkante in eier. Gooi in n bord broodkrummels. (By broodafdeling)sit vleis op bord en gooi krummels oor. Doen so met al 3. Gooi baie broodkrummels. Want no 2 kry net bo op en no 3

No comments:

Post a Comment