Saturday 13 April 2013

SKAAPBOUD BEWERKING EN GAARMAAK



SKAAPBOUD OORNAG IN DIE OOND
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html
Helena Kruger
Vryf lekker sout en peper in jou skaapboud in Druk gaatjies oral in die boud
en steek hom vol knoffelhuisies en repies skoon spek {jy kan ook "bacon}gebruik as jy wil,so vol en diep as jy wil
Plaas in lekker diep oondpan met n deksel Gooi so +-2k Water 1/4k Asyn en n klein bietjie olie by Plaas so 3 gesnyde heel uie rondom die boud asook wortels seldery en ook aartappels en plaas in oond OOND:100*C oornag

SOUSIE:
Verdik jou sous met n verdik middel soos"Bisto" en jy kan ook n bietjie
room byvoeg !!!Geniet dit !! Helena !!!! 21/4/14
 





Lekker skaapboud in die oond gebak vir 2-3 ure op 160*C>Helena Kruger >24/08/2015

*********************************************************************************

SKAAPBOUD


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html

BEWERKING VOOR GAARMAAK
Louise Groenewald
Met 'n skaapboud kan jy nooit verkeerd gaan met hierdie geurmiddels nie:
Olyfolie, vars suurlemoensap, vars knoffelrepies, vars kruie, sout & peper. Jy hoef nie presiese afmerings te hê nie,
So maak jy:
Was en droog die boud af.
Maak diep klein splete in die boud met 'n lang skerp mes.
In hierdie gatjies druk jy nou 'n repie vars knoffel en 'n takkie vars roosmaryn of tiemie of marjoram.


Vryf die boud met olyfolie, en ook die suurlemoensap en dan sout & peper.

Ina Paarman se Rosemary & Olive seasoning is ook 'n wenner om oor die boud te vryf.
Dan is hy reg om oond toe te gaan. As jy nie van knoffel hou nie kan jy dit uitlaat, maar dit gee wonderlike geur.
Jy kan ook stukkies rou bacon in die gatjies druk. Hierdie geur kombinasie is selfs heerlik saam met hoender.*8/8/12 Louise Groenewald
 
SKAAPBOUD MET SLAAISOUS
Stefan De Villiers
Neem jou skaapboud, plaas in verseëlbare sakkie, voeg 1 bottel griekse (of franse) slaaisous by. Verwyder meeste van die lug en marineer tot jy reg is om dit gaar te maak.
Plaas die skaapboud in die pan/kastrol en giet die slaaisous oor. Maak gaar soos gewoonlik. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html

SKAAPBOUD MET SLAAISOUS

Berie Vd Velden Smith
Oornag is gewoonlik beter vir 'n boudvleis, maar so 2 - 3 ure sal ook reg wees, hang af van hoe haastig is jy. As jy dit gouer wil gebruik kan jy ook, kook dan die boud in die slaaisous, dis heerlik. Ek is weer mal oor die romerige knoffel slaaisous en ander hou weer van die Italiaanse slaaisous. Hoop hierdie help vir jou.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html

SKAAPBOUD

JAN PIET LABUSCHAGNE        
[My Seun}>Helena Kruger
skaapboude vir Kersfees geregte 2012
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html
                                                     Jan Piet Labuschagne


SKAAPBOUD
Elzanne Morton
 Kry vir jou beesspuit by obaro, koop bottel frensh salad dressing, gooi dit deur sif en spuit daai vloeistof in boud saam met halwe koppie soya sous, meng die wat in sif oorgebly het met growe sout en pepper en smeer oor boud. Sit in toe bak en bak n uur per kg. jy kan dan so halfuur voor gaar oopmaak en grill. Bedien met rys, bruin gebakte aartappels, room spinasie en soet baba wortels.

 
SKAAPBOUD
Scarborough Fair
Jaco Steyn
Ek hoop dit maak julle nuuskierig Die titel verwys na die liedjie se tweede reel, naamlik "Parsley, Sage, Rosemary and Thyme" - die speserye wat ek gebruik
My skaapboud-resep is redelik maklik, en vat nie ure om voor te berei nie. Ek begin gewoonlik 10:00 op 'n sondagoggend, 11:00 is dit in die oond, 15:00 eet ons en vat dan 'n lekker middagslapie daarna.
1) 2 kg Skaapboud
2) 3 Groot aartappels
3) 2 Tamaties
4) 1 Groot ui
5) 1 Soetrissie
6) 4 Medium wortels
7) 1 Suurlemoen
8) Sout en Peper
9) 60 ml Olyfolie
10) Speserye : Pietersielie, Salie, Roosmaryn, Tiemie
(Parsley, Sage, Rosemary, Thyme) vir die wat dink ek probeer slim klink
Metode:
Skakel oond aan op 200 °C
Meng al die speserye, sout en peper. As jy vars speserye gebruik, kerf dit eers baie fyn.
Sny skaapboud in skywe (of gebruik boud-tjops), masseer speserymengsel goed in, steek sosatiestokkie deur om boud weer bymekaar te hou.
Skil aartappels, sny in 1.5-2cm blokkies, versprei onder in "casserole"
Sny tamaties, wortels, ui en soetrissie in skywe of repies (hoe jy dit verkies), meng dit en sit op aartappels.
Plaas vleis bo-op, drup olyfolie oor vleis. Maak seker dat vleis oral olie het, gebruik meer as dit nodig is
Sny suurlemoen in skywe, sit bo-op vleis.
Sit deksel op casserole, sit in oond wat nou lekker warm behoort te wees, kyk gereeld (so halfuur - interval) of dit nog nie begin gaar word nie. Sodra die vleis begin ruik of dit gaar word, stel oond af na 170 °C toe. Hou gereeld dop. Die resep het nie water nodig nie, die sap van die vleis en groente is genoeg vog, en die eerste bietjie olyfolie keer dat alles vasbrand.
Sodra vleis gaar is verwyder ek die suurlemoen heeltemal, dan haal ek gewoonlik die groente uit, gooi die sous in 'n pot en "braai" dan die vleis sonder die deksel vir so 10 minute om dit bietjie droër te maak. Die suurlemoensap maak die vleis HEERLIK sag!
Vat die sous, maak met Bisto / Gravo aan om 'n lekker dik bruin sous te hê.
Dien op met bruinrys, soetwortels en murgpampoentjies.
Totale tyd wat ek spandeer aan hierdie gereg is omtrent 2 ure, voorbereiding en "opcheck" ingesluit.
Res van die tyd spandeer ek aan die Sondagkoerant Jaco Steyn!!! Baie Dankie Jaco
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html 




Helena Kruger> Foto
GRIEKSE SKAAPBOUD
• 1 x 1,5 kg ontbeende, gevlekte skaapboud
• ¼ koppie olyfolie
• ¼ koppie vars suurlemoensap (verkieslik nie gebottelde suurlemoensap nie)
• 1 teelepel gedroogde roosmaryn
• 1 knoffeltoontjie, gekneus (as jy van baie knoffel hou, kan jy meer bysit)
• sout en peper na smaak
 Metode
• Sit die skaapboud in ’n plastiekbak met ’n deksel in die kampyskas.Marineer dit oornag in die bestanddele hierbo genoem (behalwe die sout en peper) en draai die boud een maal om. Sit die vleis op ’n rooster en braai dit oor lae hitte vir ongeveer twee uur of tot dit gaar genoeg is volgens jou smaak.Sprinkel sout en peper oor en sit voor met die volgende jogurtsous
• Vleis sny makliker in skywe as jy dit vir sowat 10 minute laat “rus” voordat jy dit sny. 

Uit die Wegry
Jogurtsous
• 2 eetlepels botter
• 4 eetlepels koekmeel
• 1 x 150 ml houer gewone jogurt [ek sal Room gebruik]
• 1 x 500 ml houer karringmelk (2 koppies)
• 1 teelepel droë pietersielie
• 2 teelepels droë grasuie
• ¼ teelepel sout
• ¼ teelepel peper
• Smelt die botter oor lae hitte in ’n kastrol en roer die meel by.Roer dit vinnig totdat die klonte opgelos is en voeg die res van die bestanddele by.Laat dit vir ’n minuut of twee saggies prut (die jogurt sal skif as daar te veel hitte is) en sit voor saam met die vleis.uit die “ WegRy” 20/6/10 ♥

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html



Benhet Nieuwenhuis                          


SKAAPBOUD
Weeg jou vleis en werk solank die kooktyd uit: As jy van mediumgaar vleis hou – daar moet nog ’n mooi pienk skynsel wees – werk jy op sowat 12 tot 15 minute per 500 g. Kry ’n kastrol gereed waarin kookwater die skaapboud heeltemal sal bedek. Gooi 10 ml sout per liter water in en bring dit tot kookpunt. Sit die vleis in die kookwater en begin die kooktyd aftel sodra die water weer begin kook. Die water moet heeltyd stadig prut. Nadat die vleis uit die kookwater gehaal is, moet dit 20 minute lank by kamertemperatuur staan voordat dit gesny word, sodat die vleissappe kan set.
30 ml botter
30 ml koekmeel
375 ml aftreksel
1 eiergeel
30 ml room
sout en swartpeper na smaak
15 – 30 ml suurlemoensap
30 ml kappertjiesaad
60 ml botter
Metode:
Smelt botter in ’n kastrolletjie en meng met meel tot ’n gladde pasta. Gooi hierby kokende aftreksel en klits dit vinnig met ’n draadklitser. Meng eiergeel met room, sout, swartpeper en suurlemoensap in ’n mengbakkie.
Gooi 125 ml van die warm vloeistof druppelgewys hierby terwyl jy aanhoudend klits. Gooi mengsel nou weer op sy beurt in ’n dun straaltjie terug in die kastrol, wat oor matige hitte is, terwyl jy vyf sekondes lank klits en kook. Haal dit van hitte af en proe vir geur. Roer net voordat jy dit voorsit die kappertjiesaad by die sous, en die 60 ml botter om dit te verryk Julie 2010 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html

Esna Rossouw Brand -
RANDREKKER SKAAPBOUD
In vandag se tyd wat vleis so duur is: Hier is 'n skaapboud resep wat die boud rek en vrek lekker is! Geniet dit! Maak boud gaar en sny in dun skywe. Pak Laag vleis onderin 'n bak dan laag gesnyde ham in blokkies, dan 'n laag cheddar kaas gerasper heraal so x2 sluit af met 'n laag Boud.
Braai Genoeg uieringe, knoffel na smaak en sampioene saam en pak dit bo-op vleis lae. Maak lekker witsous met genoeg worcestersous en knoffel in (geur na smaak) Gooi bo-oor en strooi nog kaas en Pietersielie bo-oor. Steek in oond en bak 30-40 min by 180 *C
Ek Gooi sampioen mengsel ook tussen lae. En net sous bo-op. Sous moet genoeg wees dat dit tussen lae kan ingaan. Of gooi bietjie tussen lae en die res bo-op. 5/8/2011 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html

 

SKAAPBOUD


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/skaapboud-bewerking-voor-gaarmaak.html
Best recipe ever, I do it to taste but it is something like this:
Mix together
6 tablespoons fresh bread crumbs
6 tablespoons unsalted butter, softened (might need more)
4 garlic cloves, minced
3 tablespoons chopped rosemary
1 fresh lemon juice
Rind of lemon
One 7- to 8-pound bone-in leg of lamb at room temperature, fat trimmed
Salt and freshly ground pepper
mustard

I take the mixture and completely cover the lamb( so you might need to make more depending on size) I cover it with foil and put it in the oven. Just before the end I take it out the oven, save all the sauce, and put it back uncovered until ready.
The sauce is awesome.


ONTBEENDE SKAAPBOUD
Ontbeen die boud. Meng 1 pakkie bruin uiesop poeier en halwe pakkie tamatiesop poeier en vryf die mengsel deeglik oor die boud en in die holte waar die been was. Neem so 2 groot wortels en druk dit in die beknopte. Plaas boud in "roaster" saam met 500 ml water. Bak in oond vir 4 ure. Heerlik. Die wortels keer dat die vleis baie krimp en verleen 'n heerlike smaak en geur.

2 comments:

  1. Dankie vir die lekker skaapboud resepte. Ek bly in die USA en het Amerikanse vriende genooi vir n lekker Afrikaanse kos ete.Mooi bruin gebakte aartappels, lekker soet wortels, bruin rys,en daarna koffie brandewyn tert vir nagereg. Yum Yum

    ReplyDelete
  2. Ek wonder hoeveel mense weet om eers die klier uit te sny tydens die voorbereiding? Dit verander die smaak heelwat.

    ReplyDelete