Monday 1 April 2013

SKAAPWORS MAAK


RESEPTE VIR SKAAPWORS
RESEP 1:
5 KG MAER, ONTBEENDE SKAAPVLEIS
2,5 ML GEDROOGDE TIEMIE
2,5 ML GEDROOGDE SALIE
5 ML FYN NEUTMUSKAAT
5 ML FOELIE
25 ML SOUT
10 ML SWARTPEPER
250 ML SOET WYN
DERMS VIR STOP
Sny die vleis in blokkies van 50 mm. Meng die speserye en strooi oor die vleis. Laat verkieslik oornag staan. Sprinkel die soetwyn bo-oor, maal die vleis en stop die derms.


RESEP 2:
Skaapwors
5 KG SKAAPVLEIS (VERKIESLIK MET HEELWAT VET)
500 G SKAAPSTERTVET, INDIEN DIE VLEIS SONDER VET IS.
20 ML TOT 55 ML FYN SOUT (NA SMAAK)
10 ML VARS GEMAALDE WITPEPER
25 ML GEMAALDE KOLJANDER
20 ML TOT 25 ML PIMENTO
150 ML WIT ASYN
400 ML WORCESTERSOUS
90 G SKAAPDERMS VIR DUN WORS, OF VARKDERMS VIR GEWONE DIKTE WORS.
Sny die vleis en vet in 50 mm-blokkies. Meng al die droë bestanddele met die vleis en maal. Sprinkel die asyn en Worcestersous oor die gemaalde vleis en meng liggies maar deeglik. Stop in die worsderms. Die dun wors is ook geskik om gedroog te word.
Landbouweekblad (wenke en brokkies) van 31 Julie 1998

No comments:

Post a Comment