SUURLEMOEN DRANKIE
Hanneke Smit
’n Verfrissende drankie, veral vir die warm dae wat voorlê. Dis soos aanmaakkoeldrank - gooi ’n bietjie in ’n glas met ys en voeg water of sodawater by.
(sowat 2 ½ liter stroop)
1 kg (1 250 ml) suiker
1,5 liter water
skil-repies van 2 suurlemoene
500 ml suurlemoensap
Meng al die bestanddele in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en roer aanmekaar sodat die suiker oplos. Laat prut vir 10 minute. Die stroop moet afkoel voor jy dit in bottels gooi. Hou dit in die yskas.*30/4/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/suurlemoen-drankie.html
Suurlemoenstroop
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/suurlemoen-drankie.htmlMaak: 750 ml
Bereidingstyd: 15 minute
• 500 ml vars suurlemoensap
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 500 ml (435 g) strooisuiker
1 Meng die bestanddele saam tot die suiker opgelos het. Gooi in gesteriliseerde bottels. Verseël en hou in die yskas vir tot ses weke.
2 Om voor te sit, meng een deel stroop met een deel sodawater of water. Sit voor met ys en vars ment.
RESEP Ria Cronje*Idees*
No comments:
Post a Comment