Tuesday, 30 April 2013
MAALVLEISROL MET KAAS
MAALVLEISROL MET KAAS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/maalvleisrol-met-kaas.html
1 kg maer maalvleis
1 med uie fyn gekap
1 eier geklits
50 ml Mrs Balls Blatjang
50 ml Honey & Mustard Slaai sous
50 ml Sweet Chilli sous
30 ml Tamatiesous
Meng goed saam Speserye:
5 ml Sout
5 ml BBQ
5 ml Robertsons Pasta (Sprinkles)
5 ml Mince Royco Sparerib Marinade (pakkie)
5 ml Steak & Tjops
1 ml knoffel fyn gekap (opsioneel)
Meng al die bogenoemde bestandele saam in een groot bak.
1 koppie mozzarella kaas gerasper
1 koppie cheddar kaas gerasper
Skyfies cheddar kaas (met n skiller gesny)
Spuit 'n brood pannetjie ongeveer 30cm x 10 cm met “spray-n-cook”.
Vat n stuk plastiek “glad wrap” ongeveer 50 cm lank en gooi die maalvleis mengsel bo-op en druk plat, sodat die vleis die hele plastiek bedek. (Dit moet nie groter wees as wat die pannetjie is nie).
Gooi die mozzarella kaas bo-oor die vleis gevolg deur die skyfies kaas.
Rol die vleismengsel met hulp van die plastiek soos n rolkoek op.
Plaas in jou brood pannetjie, strooi die gerasperde Cheddar kaas oor en bak in die oond vir ongeveer 1uur of tot gaar.
Bedien met kapok aartappels (smash) of rys en ‘n gemengde slaai of groente.
Sous vir die rol:
1 groot ui gekap en
1 geel/ rooi (of albei) soet rissie fyn gekap, braai saam tot deurskynend.
50 ml Honey & Mustard Slaai sous
Voeg 4 groot tamaties gekap by, prut die mengsel vir 5 min. Gooi 100ml rooi wyn (Rosé) by en prut vir n verdere 2 min.
Laat staan vir 15 min.
Sny die rol in skywe, sit dit op die rys of aartappels en gooi die sous oor die vleis wanneer jy opdien
Plasing: Louise Bester vir Pasella**30/4/13
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment