Monday 1 April 2013

VLAKVARKWORS



Rene Truter Wessels
Vlakvarkwors.
20 kg vlakvark vleis in blokkies gesny
20 kg bees/skaap vleis met baie vet in blokkies gesny
100 gr suiker [ ek het bruin suiker gebruik]
80 gr Himalyian sout [pienk minearal sout]
40 gr fyn knoffel poeier. [ kon nie kry, toe gebruik Robinson’s se knoffel en kruie]
40 gr droee tiemie
40 gr droe roosmaryn [ ek het vervang met 60 gr vars roosmaryn]
40 gr sage
1 liter YS koue water
1 liter wit wyn
1. Die vleis MOET koud wees.
2. Meng goed deur.
3. Sit vir 2-3 ure in yskas.
4. Sit deur maler en stop in nr 24 derms.
5. Dit het baie lekker uitgekom, die kruie gee dit n baie aangename smaak.
TIP.
Laat die wors n dag rus voor jy pakkies maak.
Resep verwerk: Herbed wild boar Sausages –

No comments:

Post a Comment