Tuesday, 23 April 2013

WAATLEMOENSTUKKE NAGEREG



WAATLEMOENSTUKKE NAGEREG
(Mev. Kathleen Delport - eggenote van L.V. vir PE-Sentraal) uit: Fynproe vir Meneer LV – 1966
(bedien 10 tot 12 persone)
Sif tesaam:
2 kop. Gesifte meelblom
1 teelepel soda
½ teelepel sout
2 teelepels pypkaneel
½ teelepel neut
Room:
½ kop. smeer (botter en margarine) en voeg stadig 1 kop. bruin suiker by en room goed.
Voeg 2 eiers by, een op ’n slag.
Klop goed.
Meet 1 kop. suurroom. Voeg alternatiewelik met droë bestanddele by geroomde mengsel.
Eindig met droë bestanddele en meng goed na elke byvoeging.
Voeg 1½ kop. fyngemaalde waatlemoenstukke by.
Gooi uit in goedgesmeerde pan of vuurvaste bak omtrent 13” x 9” x 2” hoog.
Bak in middelmatige oond 350°F vir 25 tot 30 minute. Sny in blokkies en bedien met versoete geklitste room gegeur met neut en vanielje.* .* Gerrie van Antwerpen

No comments:

Post a Comment