Banoffee Tert
Nanette Matthews
Hi julle, ek het hierdie maklike resep gesien op Jamie's 30 minute meals: Vat 4 opgehoopte eetlepels bruinsuiker en smelt dit in pan,
Maak twee piesings fyn saam met 100 ml melk in die versapper en gooi dit by die bruinsuiker net voor dit begin smelt.
Meng dit goed en laat dit karamaliseer en bruin word.
Gooi die mengsel in 'n gekoopte tertkors of een wat jy klaar voor die tyd gemaak en blind gebak het.
Los dit om af te koel.
As dit koel is, sny 2 of 3 piesangs in skuins snye en pak bo op die tert.
Klits 1 koppie dik room en gooi bietjie vanilla en soet swart koffie by
Wanneer dit styf is en meng dit net effens deur dat dit marble.
Skep dit oor die piesangs. Versier met karamel of stroop.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/banoffee-tert.html
BANOFFEE TERT
Marie Brohammer
Benoffie tert, dit kom van engeland af, dis net tertkors wat jy met tennisbeskuitjies en botter maak, los die kors in die yskas so vir 'n uur of wat, dan smeer jy die tert met karamel kondensmelk, sny piesangs in ringe en pak bo oor en dan sit jy net gesklitste room bo oor...sit maar bietjie strooisuiker in as jy wil...dis dit...en dis heerlik..
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/banoffee-tert.html
Ok toe maak ek maar ook n tertjie vir die naweek..Maar oeps my Room het bietjie [weet nie hoekom nie] maar dit het nie styf gebly nie maar dit was baie lekker
BANOFFEE TERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/banoffee-tert.html
Krummels met botter onder
Karamel kondensmelk
6 gesnyde piesangs wat ek in suurlemoensap gedip het
Lekker dik vla
Styfgeklopte Room
Kakao oor gedust**Helena Kruger 18/11/2014
BANOFFEE TERT
1 pak tennisbeskuitjies - fyngedruk
125 ml gesmelte margarien
1 blik karamel kondensmelk
375 ml dik vla
4 piesangs
250 ml room - styfgeklop
METODE:
Meng beskuitjie krummels en margarien goed saam en druk stewig vas op die boom van 'n glasbak. Plaas in yskas vir so 15 tot 20 minute. Haal kors uit yskas en smeer dit met karamel kondensmelk. Sny piesangs in ringe en pak bo oor karamel kondensmelk. Smeer dik vla oor gepakte piesangs. Smeer styf geklopte room oor vla en sprinkel kakao poeier oor. Versier met kersies en amandel vlokkies. Verkoel tot net voor opdiening. My weergawe is net 'n klein bietjie anders. Nadat ek die crust gemaak het, smeer ek die karamel kondensmelk, dan sny ek die piesangs en pak dit oor die gesmeerde karamel.....as daar nog karamel oor is smeer ek dit oor die laag piesangs. Daarna gooi ek 'n laag afgekoelde dik vla en dan bo-op vla styfgeklitste room. Sprinkel met flake, of koekie krummels of van die gerasperde karamellekkers. Heerlik verby!
VARIASIE: Jy gebruik digestive biscuits gekrummel met gesmelte botter of jy koop n flan. Smeer n blikkie karamel oor die kors. Mash so 6 piesangs en smeer bo oor die karamel. Klits room tot styf en breek so paar meringues op in die room en sit bo oor en siedaar!
Leonelsie J V Rensburg
KARAMEL PIESANGTERT
Moira Botha Dyer
Hiers ook 'n lekker maklike een:
3 groot ryp piesangs in skywe gesny.
Gooi in gesmeerde oondbak.
Smeer dik laag karamel oor & tussen piesangs.
Meng:
3Etlp margarien,
160ml suiker,
1 eier &
100ml bruismeel saam.
Meng goed.
Skep deeg bo-oor piesang/karamellaag & bak by 180C vir so 20min.
Bedien met vla of geklitste room
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/banoffee-tert.html
Hiers ook 'n lekker maklike een:
3 groot ryp piesangs in skywe gesny.
Gooi in gesmeerde oondbak.
Smeer dik laag karamel oor & tussen piesangs.
Meng:
3Etlp margarien,
160ml suiker,
1 eier &
100ml bruismeel saam.
Meng goed.
Skep deeg bo-oor piesang/karamellaag & bak by 180C vir so 20min.
Bedien met vla of geklitste room
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/banoffee-tert.html
No comments:
Post a Comment