Tuesday 7 May 2013

BOBOTIE GEREGTE



BOBOTIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/bobotie-geregte.html

Bobotie is moontlik die gewildste gereg van die Kaapse kookkuns. ‘n Gebakte eier- en melksous, met ‘n titseltjie suurlemoensap, of ‘n lourierblaar of wat, bedek ‘n pikante potpourri van geure – maalvleis met kerrie, appelkose, rosyne, neyte en kruie.
Bestanddele:
1 kg gemaalde vleis

1 groot ui

25 ml (2 eetl.) botter of olie

1 dik sny brood

250 ml (1 koppie) melk

2,5 ml (1 eetl.) appelkooskonfyt
50 ml (4 eetl.) suurlemoensap
75 g ontpitte rosyne

10 droë appelkose

30 ml (2 hoogvol eetl.) kerriepoeier
12 amandels in kwarte gesny

5 ml (1 teel.)
sout
2 ml (½ teel.)
peper

6 suurlemoen- of lourierblare

2 eiers

Metode: Soteer die ui in die botter of olie.
Week die brood in die helfte van die melk.
Meng alle bestanddele behalwe die eiers, die res van die melk en die suurlemoen- of lourierblare. Skep in ‘n oondskottel en druk die suurlemoen- of lourierblare in.
Klits die orige melk en eiers saam en giet oor die vleis.
Bak ongeveer 45 minute lank in ‘n matige oond.
Bedien met rys, blatjang, gerasperde klapper en gekapte neute. Resep oorspronklik gepubliseer in Spys en Drank*Henriette Wessels



                                          
My gaste se aandkossies: Bobotie, geelrys en rosyne, groenbone, soetwortels en piesangvla.*Liana Barnard Claassen*22/5/14

HELENA SE BOBOTIE!!


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/bobotie-geregte.html
Hierdie is die lekkerste resep wat ek ken. Geheim le in die speserye wat verhit word - oppas vir aanbrand!
Bobotie
GROEP A
20 ml fyn gemmer
30 ml sagte bruin suiker
10 ml kerriepoeier
15 ml borrie
10 ml sout
1 ml peper
60 ml margarien
5 med. uie, gekap
Verhit in swaarboom-kastrol (oppas vir brand!)

Voeg margarien by en soteer uie tot sag.

GROEP B
2 snye witbrood in water geweek
1 kg maer maalvleis
150 ml pitlose rosyne
60 ml blatjang
30 ml fyn appelk.konfyt
30 ml asyn
30 ml Worcestersous
30 ml tamatiepasta
GROEP C
375 ml melk
2 eiers
Vars suurlemoenblare of lourierblare
Verhit die margarine en uie in ‘n swaarboomkastrol en voeg al die droe bestanddele van Groep A by en braai dit totdat die uie sag is.
Voorverhit die oond tot 180° C/350° F.
Druk die water uit die brood uit en roer dan al die bestanddele van Groep B by die uiemengesel in.
Kook vir 20 minute oor 'n lae hitte en roer so af en toe.
Skep dan die mengsel in ‘n gesmeerde  oondbraaipan.
Klits nou die melk en eiers saam en gooi dit oor die vleis.
Druk hier en daar ‘n suurlemoen of lourierblaar in die vleismengsel en bak vir 45 minute op 180° C/350° 


Hier het ek die boonste resep gebruik en dit net in Kolwynpannetjies gaargemaak
**Helena Kruger


 



 

********************************************************************************






BOBOTIE
Marlene Minderon
25ml olie
1 ui gekap
1 1/2 teelepel knoffel
 40 ml kerriepoeier
7 ml borrie
7 ml sout
sap van 1 suurlemoen
1 kg maalvleis
 50g broodkrummels
100 ml vleisaftreksel
160ml blatjang
50 ml appekooskonfyt
 2 eiergele
 200 ml melk
METODE:
Plaas die bak met olie in n groot glasbak van 31x20cm en mikfrogolf vir 30 sekondes lank by 100% krag.
Voeg die uie en knoffel by en mikfrogolf 3 minute lank by 100%,
Voeg kerriepoeier,borrie.sout,suurlemoensap en maalvleis by en meng goed.
Mikrogolf vir 5min by 100% krag.
 Roer eenmaal tydens proses.
Voeg broodkrummels, vleisaftreksel,blatjan by en meng goed.
Bedek en mikrogolf vir 10min op 70%krag.
Roer eenmaal tydens gaarmaaktyd.
 Maak vleis mooi gelyk in bak en laat afkoel.
 Smeer appelkooskomfyt oor die vleis, klits eiergele en melk saam en giet oor vleis.
Mikrogolf 20-25 minute lank by 50% krag of totdat die eiervlae gestol is.
 Geniet dit maats.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/bobotie-geregte.html
Helena Kruger

SAMOESAS VAN OORSKIET BOBOTIE 
250ml Meelblom 
2,5ml sout 
15ml botter 
30ml warm melk 
Oorskiet Bobotie 
olie 
Metode: 
Sif jou droe best. saam en voeg jou gesmelte botter by. Meng met jou melk tot n stywe deeg. Rol jou deeg so 5mm dik uit en sny pieringgroote sirkels uit wat jy weer middeldeur sny. Skep 125ml [ongeveer] vleis in en maak jou rante nat met water. Vou toe sodat dit n driehoek vorm. Bak so 3min. lank in diep olie tot mooi ligbruin. Sit warm voor met n heerlike Sweet- Chilli of lekker sterk blatjang en n vars slaaitjie !!!Sussie Susan 1987..Helena Junie 2010  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/bobotie-geregte.html
  


BOTTERSKORSIE-BOBOTIE                              

1 ui gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml olie
500g beesmaalvleis
1 botterskorsie, in blokkies gesny
30ml  kerriepoeier
60ml ( ¼ k) blatjang
Sout en peper
Lourierblare
Eiervla
250ml melk
2 eiers, geklits

Verhit oond tot 180*C
Braai ui en knoffel in olie. Voeg vleis by en roerbraai tot bruin
Voeg res van bestanddele by en laat prut tot botterskorsie amper gaar is en geur met sout en peper.
Skep in oondbak.
Eiervla:
Klits alles saam en giet oor die bobotie. Bak 30min. Sit voor saam met rys




Antie Latiefa se bobotieresep
Antie Latiefa verkies dit om die brood in water eerder as melk te week en ’n suiwer eiermengsel as bolaag te gebruik. Die brood kan ook in ’n koppie melk geweek en die oorskietmelk dan saam met twee pleks van drie eiers geklop word as bolaag. Genoeg vir 4-6 mense.
Jy het nodig:
. 3 uie, fyngekap
. 30 ml sonneblomolie
. 112 g egte botter
. 15 ml fyngekapte vars knoffel, of knoffel-en-gemmer-mengsel
. 1 groen brandrissie, fyngekap
. 5 ml borrie
. 2,5 ml rissiepoeier
. 12 ml fyn komyn (jeera)
. 12 ml fyn koljander
. 15 ml sterk kerriepoeier
. 15 ml asyn
. 15 ml suiker
. sout na smaak
. 2 snye ou brood, in water geweek, goed uitgedruk en verkrummel
. 1 kg maalvleis
. 4 eiers
. ’n paar vars suurlemoenblare of gedroogde lourierblare
So maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Smoor die uie in die olie en botter tot goudbruin.
3. Voeg die knoffel, brandrissie en droë speserye by. Braai tot geurig.
4. Voeg die asyn, suiker, sout, broodkrummels en vleis by en meng goed deur. (Indien jy ’n losser tekstuur verkies, braai eers die maalvleis saam met die uiemengsel totdat die vleis effens verbruin.)
5. Klop een eier en meng dit dan by die vleismengsel.
6. Plaas die mengsel in ’n diep, gesmeerde bak. Steek die suurlemoen- of lourierblare in die vleis.
7. Bak sowat 30 minute tot bruin.
8. Klop die oorblywende 3 eiers saam en giet dit oor die bobotie.
Bak nog sowat 20 minute. Die suiwereier-bolaag sal mooi oppof; sit dit dadelik voor wanneer die gereg uit die oond gehaal word. 

Dit word bedien saam met geelrys en tamatiesambal:

Tamatieslaai
Genoeg vir 4-6.
Jy het nodig:
. 1 ui, in baie dun ringe gesny
. sout
. 6 tamaties, in blokkies gekap
. 1 groen brandrissie, fyngekap
. asyn en suiker na smaak (sowat 15-30 ml elk)
. growwe swartpeper en sout na smaak
. ’n groot handvol vars koljander (dhania), fyngekap.
Só maak mens:
1. Sprinkel genoeg sout oor die gesnyde uie om dit ligweg te bedek.
Vryf dit goed deur met jou hande.
2. Bedek met kookwater en laat staan sowat 10 minute. Gooi die water af en spoel die uie onder vars water. Meng die uie met die res van die bestanddele en sit voor saam met bobotie en geelrys.
. . .
Geelrys met rosyne die ware Jakob
Genoeg vir 4-6.
. 450 g (sowat 2 koppies) basmatirys
. 5 ml borrie
. ’n paar stukkies pypkaneel
. 5 kardemomsade, effens gekneus
. sout na smaak
. 30 ml botter
. 30 ml suiker (of na smaak; antie Latiefa gebruik gewoonlik heelwat meer)
. ’n groot handvol sultanas of rosyne
Só maak ’n mens:
1. Spoel die rys goed af onder lopende water.
2. Kook die rys, speserye en sout in 4 koppies water met ’n toe deksel tot gaar (sowat 20 minute).
3. In ’n skoon kastrol smelt jy die helfte van die botter en suiker oor lae hitte.
Plaas die helfte van die rys bo-op. Stip met die oorblywende botter en sprinkel die oorblywende suiker, asook sultanas of rosyne, oor.
Plaas die tweede helfte van die rys bo-op. Bedek en laat sowat 15 minute oor baie lae hitte stoom.
4. Pof die rys met ’n vurk net voor opdiening.
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/bobotie-geregte.html






BOBOTIE
Landbou.com                                                      

30ml olie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
3cm vars gemmer, gerasper
15ml sterk kerriepoeier
10ml borrie
30ml appelkooskonfyt
Sout na smaak
15ml vrugteblatjang
1kg beesmaalvleis
2 snye brood, grof gebreek
250ml melk

Bolaag
Lourierblare
3 eiers
250ml melk

Voorverhit oond tot 180*C en smeer oondbak leggies met olie.
Verhit olie in kastrol en braai uie daarin tot sag. Voeg nou knoffel, gemmer, kerriepoeier en borrie daarby en braai tot geurig. Voeg die appelkooskonfyt, sout en blatjang by en braai vir ‘n paar sekondes. Voeg vleis by en braai tot bruin.
Week brood in melk tot sag en druk fyn met vurk. Voeg by vleismengsel aen meng goed deur.
Prut vir 2minut, skep in oondbak en maak gelyk. Druk paar lourierblare op die vleis vas.
Klits die eier en melk goed en giet oor vleis. Bak vir 20 – 30 minute tot goudbruin en ferm.


BOBOTIE DEUR NICOLETTE WALSH
1 kg Maalvleis
1 destl Matige kerriepoeier
1tlp Borrie
2 Appels gerasper (Granny Smith)
5 dik snye wit brood in melk geweek
½ k matige blatjang
½ k appelkooskonfyt
½ k pitlose rosyne (Sultanas)
1 k geweekte, gekapte droee perskes (Opsioneel)
2 eetlp Asyn
Sout en peper
3 Eiers
½ k Melk
Braai maalvleis in bietjie olie tot los en effens bruin. Voeg ½ k water by. Kook vleis tot sag vir ongeveer 30min. Voeg sout en peper by.
Braai gekapte ui tot deurskynend en voeg Kerrie en borrie by. Braai 5 min en voeg dan appels by. Braai nog 5 min. Voeg al die ander bestanddele by en braai nog effens.
Meng geweekte brood, (Genoeg brood maak dit lekker los en lig – onderskeid tussen bobotie en meatloaf!) met gebraaide vleis en uiemengsel bymekaar. Skep in oondbak.
Klits eiers en melk en gooi versigtig oor vleismengsel. Druk ‘n paar  suurlemoenblare in die bobotie.
Bak ±30 min tot goudbruin en gaar.

No comments:

Post a Comment