Tuesday 7 May 2013

SJOKOLADE SOUSKLUITJIES




SJOKOLADE SOUSKLUITJIES

Met hierdie resep moet jy net jou nuuskierigheid in toom hou en nie die deksel lig nie

Meng die volgende bestanddele saam in ‘n mengbak:
1 k (250 ml) meel
2 t. (10 ml) bakpoeier
2 eetl. (30 ml) suiker
2 eetl. (30 ml) kakao
½ t. (2.5 ml) sout
 Vryf dan 2 eetl. (30 ml) botter of margarien by die droë bestanddele in.
 Klits 1 eier en 100 ml melk met ‘n vurk saam en meng dit deeglik by die meel- en margarienmengsel.
 Bring intussen 4 k (1 liter) water in ‘n kastrol tot kookpunt.
Jy kan 1 t. (5 ml) kaneel en 6 kardemompeule se fyn gekapte sade byvoeg vir ekstra geur.
 Doop ‘n lepel in die pruttende water, en skep dan lepel-vir-lepel die deeg in die kastrol.
Plaas die deksel op en kook 10 minute – sonder om een keer die deksel op te lig.
Skep die kluitjies in ‘n opdienbak uit en plaas ‘n deksel op.
Maak die sous deur 2 eetl. (30 ml) kakao met van die vloeistof in die kastrol te meng voordat jy dit byvoeg. Voeg ook 1 k. (250 ml) donker bruinsuiker en 2 eetl. (30 ml) botter of margarien.
Roer en bring dit tot kookpunt. Prut vir 1 – 2 minute totdat die sous dik is en ‘n mooi glans het.
Hou van die sous uit in ‘n sousbekertjie en gooi die res oor die kluitjies
Bron: Wilna Myburgh / Jou wêreld
Plasing: Henriette Wessels*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/sjokolade-souskluitjies.html

No comments:

Post a Comment