Tuesday 7 May 2013

AARBEI KAASKOEK





AARBEI KAASKOEK

Yolanda Fourie
(Verspot maklik om te maak.)
KORS:
200g Tennisbeskuitjies, gekrummel
125g botter
VULSEL:
2x397g kondensmelk
2x250g gladde maaskaas
125ml suurlemoensap
vars aarbeie vir bo-op
Smelt botter en roer beskuitjiekrummels by. Druk vas op die bodem van ‘n losboom koekpan, 20 cm in deursnee. Klits al die bestanddele van die vulsel saam. Giet in kors en bak 15 minute lank by 180C. Laat behoorlik afkoel voordat dit uit die pangehaal word. Verkoel in yskas. Sny aarbeie in skyfies en pak bo-op tert* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/aarbei-kaaskoek.html


KAASKOEK
Lizette Erasmus
1 houer elke van room (styf geklop),
 roomkaas en kondensmelk gemeng en in kors gegooi.
 plaas in yskas om te stol. smelt konfyt en smeer liggies oor vulsel, versier en geniet.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/aarbei-kaaskoek.html


No comments:

Post a Comment