Tuesday 7 May 2013

BOELIEBIEF SOUTTERT / BULLY BEEF



Boeliebief souttert
Bron-Besige Huisvrou
3 snye witbrood, korsies verwyder
375ml melk

1x300g boeliebief
1 ui, gekap
15ml olie

250ml gerasperde kaas

3 ekstra groot eiers, geklits

Voorverhit oond tot 190C en smeer ‘n medium tertbord met botter of bespuit met Spray & Cook.
Meng al die bestanddele en keer uit in tertbord.
Bak vir 30-45 minute tot goudbruin en gestol. Bedien met ‘n slaai*
Linda Venter http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/boeliebief-souttert.html


Antoinette Abraham se Verwerking van die boonste resep...Heerlik ..17/02/2015
 






Sureta Olivier
SOUTTERT
1 blik boeliebief, in blokkies gesny
1 blik viennas in blokkies gesny
1 pak Lays (geel pak) gebreek
2 koppies witsous (ek gebruik die kitssous
2 koppies kaas (cheddar)
1 teelepel braaivleis speserye
1 ui, fyngekap
Meng al die bogenoemde bestanddele (behalwe een koppie kaas) baie goed saam. Gooi in 'n oondvaste bak wat gespuit is met Spray 'nCook, strooi die laaste koppie kaas oor en bak vir 1 uur by 180 grade C.
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/boeliebief-souttert.html

Elda Lombard
KORSLOSE SOUTTERT
1x275g weense worsies baie fyn gesny.
1x 300g blik boeliebief
375ml gerasperde kaas
1ui gekap.
15ml mosterdpoeier.
5ml pietersielie.
15ml blatjang.
15ml tamatiesous.
15ml suurlemoensap
sout en peper.
30ml meel.
3 eiers.
375ml melk.
meng alles baie goed deurmekaar. skep in tertbak bak 40 min by 180 tot gestol sit warm voor.
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/boeliebief-souttert.html 


Elda Lombard
VINNIGE SOUTVLEiSPASTEI
(Bully beef of Boeliebief)
1 blik soutVleis
1 klein blik weense worsies
1 blik mielies roomsoort
2 eiers geklits
125 t 250 ml gerasperde kaas
METODE
Meng bestandele , gooi in gesmeerde bak
Bak vir 30 t 40min teen 180C
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/boeliebief-souttert.html

MY MOEDERTJIE SE MAKLIKE SOUTTERT


Dit is so maklik, nie eers ek kon dit flop nie
1 Blikkie Bully beef
1 klein pakkie viennas
2 koppies cheddar kaas
2 eiers
2 snytjies brood in melk geweek
Druk alles fyn met 'n vurk
Meng saam
Druk in oond vir omtrent 10 minute en VOILA!!!!
Moedertjie sit gewoonlik 'n koppie gerasperde polonie ook by, maar ons is nie erg vir polonie nie.28/11/12 *Ina Jones* 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/boeliebief-souttert.html

No comments:

Post a Comment