Tuesday 14 May 2013

EIERGEBRAAIDE RYS

EIERGEBRAAIDE RYS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/eiergebraaide-rys.html
Ek is mal oor rys met eier in - het dit die eerste keer by 'n Chinese Restaurant geëet en toe is ek "addicted" - Die een lyk ook lekker!
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute

30 ml (2 e) olie                                                                          

3 eiers, geklits
100 g gemengde sampioene, in skywe gesny
250 ml (1 k) rys, gekook
125 ml (½ k) brandrissiesous
15 ml (1 e) ryswyn-asyn
sout en peper na smaak
2 sprietuie, gekap
Verhit ’n pan oor hoë hitte en gooi die olie in.
Breek die eiers in, roer deurmekaar, skep in ’n bord uit en hou eenkant.
Gooi nog olie en die sampioene in die pan en roerbraai tot sag.
Voeg die rys by en roerbraai vir 2 minute.
Roer die eiers deur en gooi ’n mengsel van die brandrissiesous en ryswyn oor.
Geur met sout en peper en garneer met sprietuie.

Bron; Hope Malau

Plasing: Henriette Wessels*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment